top of page
Toer na Turkye, 2026 & 2027, vol bespreek
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Dit gaan nie oor die krag van gebed nie; dit gaan oor God
“Gebed het krag.” Baie mense sê dit. Tog is dit nie die eintlike punt van gebed nie. As gebed bloot net krag sou hê, dan verskuif dit die fokus na onsself, wat hierdie krag gedurig moet ontsluit. Dan handel die “krag” van gebed eintlik net oor die effek wat gebed hier aan ons kant van die draad moet hê. Kort voor lank verskraal ons God dan tot die Een wat moet regstaan om ons gebede te verhoor.
Stephan Joubert
Jan 31, 2022


Gebed is nie ’n geestelike Google-soektog nie
Wanneer mense na informasie oor enigiets of enigiemand soek, Google hulle dit sommer. Derduisende treffe volg dan binne millisekondes. Wel, gebed is nie die hemelse teenvoeter vir Google, waar ons teen rekordspoed antwoorde moet kry op al ons vrae nie. Ons storm nie by die hemelse troonsaal in met die doel om elke keer daar weg te loop met ’n gebedverhoring binne ’n nuwe rekordtyd nie. Nog minder is gebed 'n geestelike telbord, waar ons telling hou van al ons antwoorde. Of ‘n
Stephan Joubert
Jan 27, 2022


Ek raak gebedsfiks
Dit is nie sonder rede dat Jesus se dissipels in Lukas 11 vir Hom gevra het om hulle te leer bid nie. Hulle het besef gebed moet ingeoefen word. Teveel mense dink gebed gebeur elke slag outomaties. Of maklik. Toe nie. Ons moet leer bid. Kleintyd is ekself darem drie gebede geleer. Die eerste was: “Liewe Jesus, ek is ‘n kindjie klein...” Tweedens is ek daardie standaardgebed voor etes geleer: “Seën die hande wat die kos voorberei het.” En derdens, die “Ons Vader”.
Stephan Joubert
Jan 24, 2022


Die vraag is nie of dit maklik is nie - die vraag is of dit reg is!
1 Petrus 2:21 is ’n kanonteks. Petrus praat hier padlangs met Christene, wat as huishoudelike slawe in mense se huise werk. Dit was geen lekker werk nie. Allermins. Huishoudelike slawe het nie aan hulleself behoort nie. Hulle was die besittings van hul eienaars, wat hulle vir geld gekoop het. Vir sulke benadeelde Christene het Petrus ’n woord van die Here af. Hy leer vir hulle dat Christus vir ons almal gely het en dat Hy vir ons ’n voorbeeld nagelaat het sodat ons in Sy voet
Stephan Joubert
Jan 20, 2022


Leer ons bid, asseblief!
“Gebed werk.” Al hierdie stellings bevat ’n stuk waarheid. Maar die feit is nie almal beleef hierdie krag, wat in gebed versteek is nie, of dat gebed aldag so effektief “werk” soos wat sulke aansprake lui nie, of dat dit elke keer die antwoord is nie. Ook bid die meeste mense nie meer male nie, al stem almal saam dit is ’n goeie ding om meer te bid. Baie studies toon aan dat mense gefrustreerd is met hulle gebedslewe. Gebed is eintlik maar net vir vele ‘n gepaste kniebuiging
Stephan Joubert
Jan 17, 2022


In 2022 speel my gebede nie in ’n geriefsone af nie
Dit is reg dat ons gereeld en getrou bid. Paulus beveel ons juis in 1 Tessalonisense 5:17 om te bid sonder ophou. Maar een gevaar, wat hiermee gepaard gaan, is dat ons later so gewoond raak aan gebed dat ons onnadenkend en oorgemaklik met die Here begin praat. Miskien is ons almal te familiêr met God. Ons gesprekke met die Here het reeds tot kamertemperatuur afgekoel. Hoor dan net hoe maklik sê mense deesdae dinge soos: “God het vir my dit of dat gesê…”
Stephan Joubert
Jan 13, 2022


Vyf boustene vir 2022
Hier aan die begin van 2022 kies ek van voor af om my lewe op God se Woord te bou. Met alles in myself gaan ek in hierdie nuwe jaar die volgende glo en uitleef:
Stephan Joubert
Jan 10, 2022


In 2022 bid ek nie “outomaties” nie
In 2013 het ’n ervare rotsklimmer, Susan Mailloux, tragies in Amerika gesterf. Sy het vergeet om haar klimharnas aan die reddingstou vas te maak, toe sy teen ’n rotsmuur in ’n gimnasium uitgeklim het. Een kenner het na die tyd gesê sy was so gewoond aan hierdie manier van klim dat sy dit op “autopilot” gedoen het. Sulke noodlottige foute kan insluip as ons vir jare lank iets oor en oor doen. Ons lees die Bybel outomaties. Ons ry outomaties dieselfde roetes werktoe. Ons sê out
Stephan Joubert
Jan 6, 2022


COVID-19 en kie doof nie Jesus se helder lig uit in 2022 nie
Kan jy dit glo, nog ’n feesseisoen is agter ons! Kersfees en die Nuwejaar is oor en verby. Party mense sal egter dadelik vra: Was daar ooit so iets soos ’n feesseisoen? Sedert die Covid-pandemie ons almal se onwelkome metgesel is, is daar al hoe minder redes vir feesviering. Die afgelope jaar of twee was vir derduisende nie vreugdevol nie. Werkloosheid, armoede en ander probleme het baie mense se laaste bietjie hoop in die sand laat wegsyfer.
Stephan Joubert
Jan 3, 2022


Die lewe is kort - laat joune tel!
In 2007 het die kontemporêre Christelike sanger, Steven Curtis Chapman, ’n lied geskryf genaamd Cinderella. Dit moes hom herinner om baie tyd deur te bring saam met sy twee klein dogtertjies. ’n Paar maande later is sy een dogtertjie, Maria, in ’n fratsongeluk dood toe sy seun haar met sy voertuig omgery het. Chapman vertel dat hy nie gedink het hy kan ooit weer Cinderella sing na sy kind se dood nie. Genadiglik hy het hy dit later weer reggekry. Hy het homself daaraan herinn
Stephan Joubert
Dec 30, 2021


My leefpad is op die tafel
Mag ek gou ’n paar vrae vir jou vra oor jou eie lewensroetes gedurende die afgelope jaar: WAAR HET JY IN 2021 ’N PRAKTIESE IMPAK VIR CHRISTUS GEMAAK? HOEVEEL KEER WAS JY DIE VERSKIL VAN EEN IN IEMAND SE LEWE? WATTER MENSE SAL KAN GETUIG DAT JY IN 2021 OP KONKRETE MANIERE VIR HULLE HOOP GEBRING HET?
Stephan Joubert
Dec 27, 2021


Kom kyk wat is in Jesus se hand
Terwyl die dissipels besig was om weg te kruip agter geslote deure op daardie Sondagaand na Jesus se dood, daag Hyself by hulle op met ‘n oop hand, ‘n hand vol hemelse vrede. Soos wat dit die Joodse gebruik in daardie tyd was, sou Hy Sy regterhand in die lug opgesteek het, terwyl Hy Sy dissipels groet met die woorde: “Vrede vir julle!” Maak seker dat jy ook hier in Kersfeestyd Jesus se oop hand raaksien, Sy hand vol genade,liefde en beskerming. Dit is hierdie einste hand, wat
Stephan Joubert
Dec 23, 2021


’n Nuwe vandag is hier
God se nuwe vandag is hier. Dit het aangebreek toe die engel in Lukas 2:11 uitgeroep het dat Jesus vandag vir ons gebore is. Die Verlosser het aangekom. ’n Splinternuwe vandag het op God se kalender verskyn. Die tyd het skielik gedraai. Die ewige nuwe dag van die Here het begin, toe Jesus na ons toe gekom het. Om in Hom te glo, is om te leef binne ‘n nuwe tydsone, Syne! Dit is om deel te wees van God se ewige vandag. Die ou dae van dood en donkerte is oor en verby vir elkeen,
Stephan Joubert
Dec 20, 2021


Briek nou daardie Kersfees-onvreugde
Ek onthou hoe beswaard Ou-dominee in my kinderdae oor die “verwêreldliking” van Kersfees was. Party ouens is nog steeds nog beswaard hieroor. Klagtes oor die kommersialisering van hierdie fees is steeds die in-ding. Om alles te kroon is daar ook nog die diegene wat sê Kersfees is ’n heidense fees. Dan is hulle sommer ook diklip oor almal rondom hulle wat dit reg vier.
Stephan Joubert
Dec 16, 2021


Glo anderkant stilstaan verby
Die koningin sê vir Alice in die bekende kinderverhaal: “It takes all the running you can do, to keep in the same place. If you want to get somewhere else, you must at least run twice as fast as that!” Presies net so! Dit verg baie energie en krag om vinniger te beweeg. Ek lees juis iewers hoe een fietsrykenner reken enige ernstige fietsryer moet meer as 60% ekstra krag insit net om 20% vinniger te kan ry. Dit is presies ook hoe die res van die lewe werk, ons geloof ook.
Stephan Joubert
Dec 13, 2021


Die duiwel is nie ’n superster nie
As jy mense wil bangmaak, dan moet jy net vir hulle sê daar’s ’n satanis in die omgewing. Dan slaan hulle uit in koue sweet. Dalk gebeur dit omdat hulle glo duiwelaanbidders het superkragte. Mense glo sulke dinge oor die duiwel en sy aanbidders, omdat hulle nie die Bybel ken nie.
Stephan Joubert
Dec 9, 2021


Die regte ding om te doen, is…
Die regte ding om te doen … wanneer jy by ‘n vurk in die pad beland en jy nie weet of jy links of regs moet draai nie, is om altyd die moeiliker roete aan te durf. Die moeiliker pad vra altyd groter selfverloëning en opoffering van jou. Dit is Jesus se pad. Hyself het in Markus 10:45 gesê dat Hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien. Hy is ons voorbeeld. Die moeiliker pad gaan jou karakter voor God vorm. Dit gaan jou laat groei in geloofsvertroue en volharding.
Stephan Joubert
Dec 6, 2021


Goeddoen is nie ’n sonde nie
“Ons word nie gered deur ons goeie werke nie.” Dit is deeglik in my kinderjare by my ingedril. Dalk het dit ons geïmmuniseer teen goeie werke. As dit ons dan nie red nie, dan doen ons dit nie, of so-iets! Wat ’n jammerte, want die Bybel roep ons gedurig op om goed te doen. In Titus 2:7 moedig Paulus sy helper Titus aan om homself as ’n voorbeeld van goeie werke aan ander gelowiges voor te hou. Hulle moet sy geloof in sy mooi werke sien, presies soos wat die Jakobusbrief ons o
Stephan Joubert
Dec 2, 2021


Doen die Bybel in drie sinne
Ek kan die hele Ou Testament in drie sinne vertel, sê iemand vir Len Sweet, ’n Amerikaanse teoloog en skrywer. Toe doen hy dit: “Ander volke het ons probeer doodmaak.” “Deur die Here se goedheid het ons oorleef.” “Kom ons eet!” Toe sê die persoon vir Len hy kan ook die Nuwe Testament in drie sinne opsom: “God sê: Ek het jou lief in Christus.” “Ek vergewe jou.” “Kom ons eet!”
Stephan Joubert
Nov 29, 2021


Ek kan nie ander mense se lewensbeker volmaak nie, maar…
Op ’n dag het ek besef ek kan nie ander mense se lewensbekers volmaak nie. Vir baie lank in my lewe het ek geglo dit is wat ek moet doen. Toe besef ek dit is my roeping om slegs my eie lewensbeker aanhoudend leeg te maak in God se diens. Ek is geroep om myself te gee, afgesien van die resultate hiervan. In Jesus se woorde in Johannes 7:38-39 is ek geroep om die Gees se lewende water vanuit my binneste te laat vloei en nie om resultate na te jaag nie. As sulke leegmaakaksies a
Stephan Joubert
Nov 25, 2021


Van bekering een tot bekering twee (deel 2)
Bekering een het gebeur toe ek na God toe gedraai het. Dit was toe ek met my stukkende lewe voor Christus kom buig het. Dit was toe ek in Hom begin glo het as die Here van my lewe. Bekering twee het begin toe ek agterkom God het ‘n totaal ander telbord as daardie een, waarmee ek myself na “bekering een” mee besig gehou het. Vir Hom gaan dit oor die voltydse navolging van Jesus en oor impak in die wêreld, nie oor instandhouding van kerkgeboue en formele strukture nie. Impak ge
Stephan Joubert
Nov 22, 2021
bottom of page
