Wonders is nie op sigself ‘n doel nie
top of page

Wonders is nie op sigself ‘n doel nie


Stephan Joubert skryf in sy nuutste artikel vir ekerk dat wonders nie op sigself ‘n doel is nie.
Wonders is nie op sigself ‘n doel nie

Een van die belangrikste lesse oor die gawes van die Gees, wat Paulus in 1 Korintiërs 12-14 oor die werk van die Gees vir ons leer, is dat die regte gebruik van die gawes belangriker is as die blote besit daarvan. Dieselfde geld ook vir wonderwerke, soos genesing. Om enige gawe te beoefen sonder om dit tot eer van God en tot voordeel van ander mense te doen, is om dit sleg te misbruik. Wonders is nooit ‘n doel opsigself nie. Jesus se wonderwerke was in die eerste plek die openbaring van Sy almag, soos wat ons in die Johannes-evangelie lees. In die ander drie evangelies dien wonders as ‘n venster op God se koninkryk.


Die doel met alle wonders is altyd om God te verheerlik. Soos wat ons gister gesien het, wonders sluit elke handeling van God in. Partykeer is sy werke selfs so verstommend dat dit alle wette van die wetenskap en die natuur weerspreek. Die grootste wonder is en bly steeds die redding van mense. Jesus het nie in die eerste plek aarde toe gekom sodat alle siekes gesond sal wees nie. Hy het wel gekom om almal te soek en te red wat verlore is. Om mense wat geestelik dood was, weer te sien leef - dís die grootste wonder wat God kan doen. Juig hieroor saam met die engele!


Gebed:

Here, laat ons ook in hierdie dae U wondermag op aarde sien. Amen

bottom of page