eUni | Aanlyn | Teologies Opleiding | Ekerk
top of page

eUni is vir gewone mense, wat ‘n buitengewone passie het om die Bybel beter te verstaan. eUni is 'n aanlynonderrigplatform, wat uit ‘n verskeidenheid modules bestaan, wat deelnemers toelaat om teen hul eie tempo te leer. Tans is dit een jaar, wat uit vier kwartale bestaan. Elke kwartaal kry jy vier seminare. Elke seminaar bestaan uit vier episodes. Elke episode is ‘n video van ongeveer 25 minute. eUni bied hierdie videosessie asook ‘n eenmalige uitdeelstuk om jou te help om jou vaardighede en kennis rakende die Bybel en die wêreld van die Bybel uit te brei.

 

Ons fokus vir die eerste jaar is:

 

Kwartaal 1: ONTDEK DIE WÊRELD VAN DIE BYBEL

 

Kwartaal 2: OP REIS DEUR MARKUS, DIE VROEGSTE EVANGELIE

 

Kwartaal 3: OP REIS DEUR MATTEUS, DIE LERENDE EVANGELIE VAN DIE VROEË KERK

 

Kwartaal 4: OP REIS DEUR LUKAS, DIE AARDSE REISVERHAAL VAN JESUS

 

Koste: R400 per kwartaal. R1600 vir die jaar.

 

Teken in hieronder.

Wat is
eUni?

1 . Wat is eUni en wat bied dit aan?

eUni is vir gewone mense, wat ‘n buitengewone passie het om die Bybel beter te verstaan. eUni is 'n aanlynonderrigplatform, wat uit ‘n verskeidenheid modules bestaan, wat deelnemers toelaat om teen hul eie tempo te leer. Tans is dit een jaar, wat uit vier kwartale bestaan. Elke kwartaal kry jy vier seminare. Elke seminaar bestaan uit vier episodes. Elke episode is ‘n video van ongeveer 25 minute. eUni bied hierdie videosessie asook ‘n eenmalige uitdeelstuk om jou te help om jou vaardighede en kennis rakende die Bybel en die wêreld van die Bybel uit te brei.

 

Ons fokus vir die eerste jaar is:

 

Kwartaal 1: ONTDEK DIE WÊRELD VAN DIE BYBEL

 

Kwartaal 2: OP REIS DEUR MARKUS, DIE VROEGSTE EVANGELIE

 

Kwartaal 3: OP REIS DEUR MATTEUS, DIE LERENDE EVANGELIE VAN DIE VROEË KERK

 

Kwartaal 4: OP REIS DEUR LUKAS, DIE AARDSE REISVERHAAL VAN JESUS

2. Hoe kan ek vir eUni registreer?

Besoek www.ekerk.org/euni, of https://euni.co.za. Klik op die "Registreer Nou"-knoppie en volg die aanwysings om jou inligting in te sleutel en ‘n betaling te maak.

3. Hoe werk die betalingsproses?

Ons aanvaar betalings via ons veilige betalingstelsel (PayFast). Jy kan met jou kredietkaart en instant EFT, of ander aanvaarde betalingsmetodes betaal. Volg die aanwysings op die webwerf om jou betaling te voltooi.

4. Kan ek enige tyd met 'n kursus begin?

eUni skop amptelik in Februarie 2024 af. Jy kan egter die eerste kwartaal op enige tyd vanaf Februarie 2024 begin, nadat jy geregistreer en betaal het. Jy het vir die hele jaar toegang tot die kursusinhoud.

5. Kan ek die lesse weer kyk?

Absoluut! Alle videolesse is beskikbaar vir herhaling en kan soveel keer as wat jy wil gekyk word.

6. Kan ek die video’s aflaai?

Dit is nie moontlik om die video’s af te laai nie. Jy kan die video’s slegs kyk as jy ‘n internetkonneksie het, terwyl jy na die video kyk.

7. Wat benodig ek om deel te wees van eUni?

Eerstens moet jy registreer en die betaling maak. Daarna gaan jy ‘n e-pos ontvang van die skakel om te volg na die eUni-platform toe. Jy teken in met die e-pos en wagwoord, wat jy ingesleutel het. Daarna benodig jy ‘n internetkonneksie om na die video’s te kyk. Die toestel waarop jy gaan kyk, moet klank kan speel, of ‘n luidspreker of oorfone moet ingeprop kan word om die video’s se klank te hoor. So moet jou toestel ook die moontlikheid hê om die internet te gebruik (Internet Browser), soos Google Chrome, Bing, Safari. Jou toestel benodig ook ‘n program om ‘n PDF af te laai en te lees.

8. Kan ek die uitdeelstuk aflaai en druk?

Ja, ons bied ‘n eenmalige uitdeelstuk in PDF-formaat aan, wat jy kan aflaai en druk vir persoonlike gebruik. Neem asb kennis dat die inhoud videoformaat is. Die afsonderlike sessies gaan nie notas of transkripsies van die video’s beskikbaar hê nie.

9. Kan ek eUni-inhoud deel met ander mense?

Die eUni-betaling en -lisensie word per gesin uitgereik. Dus kan jy dit graag deel met jou man, vrou of kinders, wat saam in dieselfde huis woon. Andersins geld eUni-registrasie slegs vir een persoon wat daarna kan kyk en die kursus kan voltooi.

10. Wat gebeur as ek probleme met die platform ervaar?

Indien jy enige probleme of navrae het, kontak asseblief ons kliëntediensspan by euni@ekerk.org. Ons is hier om jou te help en sal ons beste doen om jou vrae te beantwoord en jou probleme op te los.

11. Is daar 'n tydsbeperking om 'n kursus te voltooi?

Jy kan die kursusse teen jou eie tempo voltooi, maar indien jy ‘n sertifikaat van voltooiing wil ontvang, moet die kursus binne 1 jaar afgehandel word. 

12. Kan ek 'n sertifikaat na voltooiing van 'n kursus ontvang?

Ja, as jy die eerste jaar van die kursus suksesvol voltooi en jy na elke kwartaal ‘n meervoudige keusetoets geslaag het, sal jy 'n sertifikaat van voltooiing ontvang. Hierdie sertifikaat sal in PDF formaat wees.

13. Is daar enige toetse?

Die toetse is opsioneel. Daar is ‘n meervoudige keusetoets aan die einde van elke kwartaal. Indien jy ‘n sertifikaat wil ontvang, dan is die toets noodsaaklik. Indien jy nie ‘n sertifikaat wil hê nie, dan hoef jy nie die toets te voltooi nie. Indien jy nie die toetse voltooi nie, gaan daar dus ook nie ‘n sertifikaat uitgereik word nie. 

14. Wat kos eUni?

eUni kos R400 per kwartaal. Jy kan kwartaalliks registreer en betaal, of jy kan R1600 vir die hele jaar betaal.

15. Is daar 'n terugbetalingsbeleid?

Hierdie eUni kursus is nie terugbetaalbaar nie.

bottom of page