Bybelskole | Ekerk
top of page

BYBELSKOLE

Ekerk Lewendig Bybelreis 19 Jan 2024.png

Ons Ekerk Lewendig Bybelreis vir 2024 reis deur Handelinge. Reis saam elke Vrydag tydens die skoolwartaal waar ons hoofstuk vir hoofstuk deur Handelinge reis.

Ekerk Lewendig Bybelskool Sept 2023.png

Ons het gedurende September 2023 'n Ekerk Lewendig Bybelskool aangebied. Vir drie weke het ons saam gekuier met die tema "Ek leer om (reg) te bid". 

Ekerk Lewendig Bybelskool Maart Job 2023.png

Ons bied 'n Bybelskool aan tydens Maart 2023 waar ons stilstaan by die Bybelboek Job. Ons tema is "Vat moeilikheid vas voordat dit jou vasvat: Reise deur die boek Job". Volg die onderstaande skakel om na hierdie Bybelskool te kyk.

Ekerk Lewendig Bybelskool Aug Jeremia 2022.png

Ons het gedurende Augustus van 2022 'n vier-episode Ekerk Lewendig Bybelskoolreeks gehad waar ons gefokus het op Jeremia. 

Ekerk Lewendig Bybelreis Lukas.png

Volg gerus hierdie skakel om na ons Ekerk Lewendig Bybelreis te kyk. Tydens hierdie Bybelskoolreeks fokus ons op Jesus se groot reis in Lukas 9-19.

Ek is uitsprakke 2022.png

Ons skop 2022 af met ‘n nuwe tema tydens ons Ekerk Lewendig Bybelreis. Ons gaan vir die eerste kwartaal op Vrydae om 9:00 saam reis en kyk na die “Ek is” uitsprake van Jesus in die Evangelie van Johannes. 

Ekerk Lewendig Bybelskool  Feb 2022_2x.png

Stephan Joubert bespreek oor 4 weke met ons die tema "Hoe aanpasbaar is God: Bybelse reise op soek na God se hart."

Ekerk Lewendig Bybelskool Lukas Okt, Nov.png

Tydens hierdie reeks gaan ons oor vier episodes reis deur die Lukasevangelie. Daar word eers 'n inlieding gegee en dan volg ons vir Jesus deur die Evangelie en kyk hoe leef Hy God se wil uit deur die Evangelie.

Ekerk Lewendig Bybelskool Aug God se wil.png

Is jou strepie getrek? Ons hoor meer en meer hierdie soort vrae waar daar gewonder word oor God se wil. Kom kuier saam met Stephan Joubert en Pierre Engelbrecht vir vier weke waar hulle kyk hoe Paulus, Petrus en Lukas dink oor God se wil.

Ekerk Lewendig Bybelskool Junie_Julie Yo

Kom kyk saam Woensdag aand die 30ste Junie en die 7de Julie om 19:00 na 'n gesprek tussen prof Jan van der Watt en Stephan Joubert oor hierdie tema.

Bybelreis Psalms.png

In hierdie Ekerk Lewendig Bybelreis, bespreek ons verskeie Psalms. Elke episode word daar 'n Psalm bespreek. Jy is so welkom om saam te kyk!

Merk van die dier bybelskool.png

In hierdie Bybelskool bespreek prof Jan van der Watt oor twee episodes eerstens hoe om Openbaring reg te lees, asook sekere probleme soos "die merk van die dier", "666", en "die wegraping" in Openbaring.

Bybelreis Kolossense.png

Ons reis tydens hierdie Ekerk Lewendig Bybelskool deur die brief aan die Kolossense. Kyk gerus na hierdie 10 episodes waar ons in diepte deur die brief gaan.

1 Kor Bybelskool youtube image.png

Roedolf Botha bied hierdie Bybelskool aan waar hy in twaalf episodes met ons die eerste

Korintiërs brief bespreek.

Ekerk Lewendig Bybelskool Feb 2021 Youtu

Stephan Joubert bied oor vier episodes 'n Bybelskoolreeks aan oor die tema "Verander jou kop, verander jou lewe". Volg hierdie skakel om na die videos te kyk.

Prediker Facebook header.png

Stephan Joubert bied oor ses episodes 'n Bybelskoolreeks aan oor Prediker. Volg hierdie skakel om na die videos te kyk.

Ekerk Lewendig Bybelskool Spreuke sonder

Tydens ons Ekerk Lewendig Bybelskool uitdensings, het Stephan Joubert gesels oor "Spreuke en die kuns van 'n goed geleefde lewe."

Ekerk Lewendig Bybelskool Eff.png

Prof Jan van der Watt het oor 'n ses weke periode ons 'n Bybelskool aangebied wat handel oor die boek Efesiërs. Die tema vir die Bybelskool reeks is "Oorvloed in 'n tyd van tekort". Kyk gerus saam met ons deur die skakel hieronder te volg.

Ekerk Lewendig Bybelskool Openbaring.png

Stephan Joubert herbesoek Openbaring in die Koronatyd. Kyk saam met ons na 'n paar episodes waar ons belangrike hoofstuke in Openbaring bespreek wat van pas is vir die Korona-tydperk.

Ekerk Deel met Youtube.png

In hierdie COVID-19 tydperk is ons almal met verskeie emosies en uitdagings gekonfronteer. Ekerk wil graag help deur 'n paar vidoes te maak wat sekere uitdagings in hierdie tydperk aanspreek, asook hulp bied hoe om hierdie onsekere tye te navigeer. Jy is so welkom om saam met ons te reis!

Ekerk Bybelskool Lewendig sonder titel.j

Ons reis vir 4 Woensdae aande tydens die COVID-19 tydperk saam met Stephan Joubert deur die 4 Evangelie tydens ons lewendige Bybelskool uitsending.

Emailer.jpg

In hierdie12 weke Bybelskool reeks fokus ons eke week op 'n nuwe gedeelte in die Romeinebrief.

3 miin Bybelskool nuusbrief header.png

In ons 3 Minute Bybelskool probeer ons belangrike temas en Bybelboeke op 'n kreatiewe manier kommunikeer.

OPENBARING nuusbrief header.png

Loer gerus hier na ons Openbaring Bybelskool. Elke episode bestaan uit 'n video asook 'n geskrewe gedeelte. Ons hanteer in elke episode een hoofstuk van Openbaring.

God se wil nuusbrief.jpg

Wat is God se wil vir my lewe? Wat is God se wil vir Suid Afrika?

Hierdie skyn ’n tema te wees waarmee menige gelowige worstel en waaroor baie mense wonder. In hierdie God se wil videoreeks word die Bybel, en veral die Nuwe Testament, ondersoek en word daar prakties gekyk na wat die Here se Woord werklik oor die wil van God te sê het. 

MARKUS BYBELSKOOL (1).jpg

Ons het twee reekse wat die Markusevangelie behandel. In ons eerste reeks het Stephan Joubert 'n agt sessie Bybelskool gehou.

In ons tweede Bybelskool het ons 'n videoreeks gemaak waar elke episode een hoofstuk van die Evangelie bespreek.

bottom of page