Ekerk se Privaatheidsbeleid | ekerk
top of page

EKERK SE

PRIVAATHEIDSBELEID

Jou privaatheid is vir ons by ekerk baie belangrik en ons versamel inligting volgens die POPIA riglynne en wetgewing.

Om vrywillig in te teken gee jy vir ekerk toestemming om weeklikse kommunikasie per e-pos te stuur na jou toe. Jou persoonlike inligting word slegs verwerk as jy toestemming verleen vir die verwerking daarvan. Dit sluit in die spesifieke doeleindes waarvoor die persoonlike inligting versamel word. Ekerk sal nooit jou e-pos of inligting vir ander doeleindes gebruik, verkoop of versprei nie en dit word veilig bewaar op ons aanlyn databasis. Indien jy nie wil inteken met jou e-pos adres nie, kan jy gerus ons nuusbriewe lees op ons webtuiste of op ons sosiale media platfroms.

Jy kan enige tyd jou inligting verander deur onder aan die nuusbriewe die opsie te kies, "hersien my profiel". Jy kan ook op enige tyd jou inligting van ons databasis verwyder deur onder op die epos te kies “teken uit”, of om ‘n epos te stuur na info@ekerk.org.

Indien jy dink ons volg nie hierdie riglynne nie, kan jy gerus die inligtingsreguleerder kontak.

Ekerk maak verder van “cookies” gebruik op ons webtuiste. Die doel hiermee is om die effektiwiteit van ons webtuiste te meet en te verbeter waar nodig. Jy kan die gebruik van "cookies" op ons webtuiste weier of aanvaar soos jy gemaklik is.

Laastens het ekerk die reg om enige kommunikasie op enige van ons sosiale media platforms te verwyder indien ekerk nie dink dit is inlyn met ekerk se roeping om Jesus meer sigbaar, voelbaar en verstaanbaar te maak nie.

bottom of page