Hoor hoe seer kry die skepping
top of page

Hoor hoe seer kry die skepping


Lees Romeine 8:22

 

Vers 22 is hartverskeurend. Dit vertel van die pyne waardeur God se skepping nou worstel. God se skepping leef immers. Dit weet ons uit die Ou Testament, wat gereeld vertel hoe God die klippe en berge as getuies teen Sy volk roep, of hoe die berge en die magtige oseane Sy lof verkondig. Die res van die skepping is die enigste deel wat nie teen God in opstand is nie. Die skepping ly as gevolg van ons mense. Dis ons, wat die skepping van ‘n bondgenoot in ‘n slaaf verander het, wat ons nou links en regs tot ons selfsugtige voordeel misbruik. Daarom steun en kreun die skepping so weens die pyniging, wat van die mensdom af kom!

 

Die wêreld is stadig maar seker besig om dood te wurg. Die VSA alleen produseer sowat 25% van die kweekhuisgasse, wat globale verhitting veroorsaak, al bestaan hulle net uit 4% van die wêreldbevolking. Intussen styg globale kospryse skrikwekkend, omdat daar te min kos geproduseer word. Dis geen wonder dat graanpryse tussen 2005-2007 met 32% en voedselpryse wêreldwyd gedurende 2007 met tot 40% gestyg het nie. Hier kom groot moeilikheid as ons nie as Christene saamstaan en pleit dat die wêreld moet ophou om ons Vader se skepping te verinneweer nie. Twee biljoen mense se stemme moet tog ‘n groot invloed hê! Of stel ons slegs in die redding van mense se siele belang, terwyl ons ‘n sugtende wêreld aan haarself oorlaat?

 

Gebed:

Here, ek bid dat U kerk in beweging sal kom oor U bloeiende wêreld. Amen.

bottom of page