Werk reg vir die Here
top of page

Werk reg vir die Here


Die Nuwe Testament deel onder andere die volgende beginsels rondom werk:

  1. Om te werk is ‘n gegewe; dit is nie ‘n luukse of ‘n straf nie. (1 Kor 4:12; 1 Tess 4:11)

  2. Werk word altyd met integriteit gedoen. Dit veroorsaak dat ons nie onnodige geldelike laste plaas op ander plaas nie. (1 Tess 2:9) Luiheid, wat as geestelike vroomheid vermom word, is uit. (2 Tess 3:10-12)

  3. Ons werk hard. Ons doen dit ook sodat die swakkes en armes kan eet. (Hd 20:35)

  4. “Beter” beroepe en bevorderings, wat meer geld, openbare erkenning en status tot gevolg het, is nie outomaties gelyk aan bevordering in die koninkryk van God nie. (1 Pet 2:18) Dissipels van Jesus verstaan nie “bevorderings” of “goeie poste” op dieselfde manier as hoe ander mense dit doen nie. Vir die res gaan dit gewoonlik net oor meer geld, groter byvoordele en hoër posisies op die rangleer van die lewe. Christene is egter gemaklik om soms tweede viool te speel. Of om vir kleiner salarisse te werk as deel van hulle roeping.

Ons as gelowiges dans op die maat van ander musiek; ook wat ons werk betref. Daardie straf, wat werk vergesel sedert Genesis 3 se dae, leef ons uit die pad in Jesus se Naam. Ons werk immers nie net vir een of ander maatskappy of organisasie, wat ons maandelikse salaris betaal nie. Nee, ons is voltyds in Jesus se diens. Hy is ons Heer, of ons by ons dagwerk is, of by ons huis. Ons werk en leef vir ‘n Gehoor van Een. Natuurlik bring ons ook ons kant vir ons aardse base. Ons word immers hiervoor betaal. Dit gaan egter nie meer vir ons oor “opwaartse bevorderings” en uiterlike belonings nie. Ons is voltydse dissipels van Jesus, wat as mense met ‘n daaglikse beroep vermom is. Soos wat ek dit graag in Engels vir myself sê: “I'm a full-time disciple of Jesus, disguised as a person with a day job.”

bottom of page