Ons is nie slagoffers van versoekings nie
top of page

Ons is nie slagoffers van versoekings nie


Eendag vra een van my vriende by die kerk vir ’n klein seuntjie in een van die Sondagskoolklasse hoekom hy so woelig is. Die seuntjie was nie op sy mond geval nie en antwoord dadelik: “Kan ek vir Oom ’n geheim vertel? Ek het myself geleer!” Daar het jy dit! Ons almal doen dit eintlik.


Dit is nie asof verkeerde dinge ons onverwags onderstebo loop nie. Jakobus skryf in hoofstuk 1 van sy brief dat ons elke keer kies om agter versoekings aan te hardloop. Ons laat toe dat ons gevangenes van sondige gedagtes, goor kyke en verkeerde gedrag word. Ons is nie willose slagoffers nie, maar aktiewe deelnemers wanneer ons verkeerde dinge doen. Hoe meer ons aan sulke dinge toegee, hoe makliker raak dit later. Ons gewete rek elke keer al hoe meer. Dan rasionaliseer ons later al wat ‘n sonde is met die verskoning dat almal dit tog doen. Of dat ons maar net mense is. Wel, ons is nie willoos uitgelewer aan verkeerde dinge nie. Ons het keuses. Altyd! Ons moet toelaat dat die Gees van die Here ons lei. Ons moet keer dat versoekings ons in Jesus se Naam uitknikker. Ons moet anders dink, wegkyk en wegstap. Dan doen ons reg.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page