Waarheid is nie ’n seermaakmiddel nie, dis ‘n geneesmiddel
top of page

Waarheid is nie ’n seermaakmiddel nie, dis ‘n geneesmiddel


As jy die waarheid padlangs wil hoor, dan moet jy met klein kindertjies gesels. Dit besef ek onlangs toe ek vir ons vriende se seuntjie sê hy het groter geword sedert ek hom laas gesien het. Net daar antwoord hy my: “En oom het ouer geword.” Ons as grootmense is veels te omsigtig met die waarheid. Of dalk te polities korrek. Ons wil net nie hê ander mense moet aanstoot neem nie, veral nie diegene, wat deesdae so maklik “aangestoot” voel nie.


Nee, die waarheid is nie ’n seermaakmiddel nie. Dit is ‘n geneesmiddel. Daarom verwag die Here van ons om die waarheid te praat en om die waarheid met ander te deel. Nee, ons doen dit nie ongeskik nie. Ons deel dit met liefde en deernis. Vir seker is die waarheid nie altyd gewild nie. Nie almal wil dit ewe graag hoor nie. Daarom gaan ons nie elke slag ’n gewildheidskompetisie wen as ons vir iemand die waarheid op die regte manier vertel nie. Maar die regte vraag is nie of dit lekker is nie - die eintlike vraag is of dit reg en nodig is. Daar waar God se waarheid seëvier, bring dit immers vryheid en herstel.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page