Kleur die lewe in met geloof, hoop en liefde
top of page

Kleur die lewe in met geloof, hoop en liefde


Sowat vyftien dae na ons geboorte begin ons om tussen kleure te onderskei. So leer die slim mense ons. Vir die res van ons lewe is ons dan deur kleur omring. Geen wonder dat ons vir ons kinders van kleinsaf leer om in te kleur nie. Hulle kleurlose inkleurboeke moet met behulp van kleurkryte lewe kry. Ongelukkig pak baie van ons ons kleurkryte weg, wanneer ons groot word. Fout! Die lewe kort kleur. Dit kort die geloofskleure van geloof, hoop en liefde. Deur die Here se goedheid het ons, wat in die Here glo hierdie drie potlode in ons hand om ons lewe, asook dié van ander, meer kleurvol te maak.


Elke dag moet ons ’n paar mense se lewe met die warmte van liefde inkleur. Ons moet gereeld iets spesiaals vir iemand doen, wat haar of hom geliefd sal laat voel. Wanneer iemand net donkerte raaksien of ervaar, moet ons hulle ook bemoedig met die helder kleure van hoop. Ons moet mekaar ook gedurig uitnooi na God se helderverligte wêreld van geloof. Al die kleurloosheid rondom ons kort dag vir dag die lewensveranderende kleure van geloof, hoop en liefde. Kleur jou wêreld en dié van ander presies so in.

bottom of page