Vryheid
top of page

Vryheid


Lees 2 Korintiërs 3:17


Die Gees en vryheid loop hand aan hand. Maar wat beteken hierdie vryheid presies? Paulus spel dit deur die loop van 2 Korintiërs 3 op verskillende maniere vir ons uit. Die Gees se vryheid is:

• Om lewende briewe van Christus te wees.

• Om te weet ons lewens word met die ink van die Gees geskryf. Hy waarborg self die nuwe lewe in ons. Hy neem ons self na God se feessaal toe.

• Om te weet dat die Gees ‘n nuwe generasie mense met nuwe bedienings bemagtig het. Dit sluit Paulus en elkeen wat, soos hy, Geesvervuld leef, in. Elkeen wat deel in hierdie nuwe bediening, is bedienaars van ‘n nuwe verbond, waarvan die inhoud splinternuwe lewe in God se teenwoordigheid is.

• Om te deel in God se blywende nuwe heerlikheid, wat die Gees as geskenk aan elkeen, wat in Christus is, gebring het.

• Om die nuwe lewe, wat met die Gees se werk gepaard gaan, openlik bekend te maak en Sy heerlikheid orals en altyd te weerkaats. Daar is nou geen verhinderings of sluiers meer om die werk van God weg te steek, soos in die tyd van Moses nie. Nee, nou is oorvloedige lewe die voorland vir elkeen, wat glo. Nou is dit nie meer ‘n probeer-en-tref-storie, soos wat in Moses se tyd die geval was nie. Dis die nuwe vryheid waaroor Paulus jubel!


Gebed:

Dankie vir die regte soort vryheid, Here. Amen.

bottom of page