Hoeveel meer
top of page

Hoeveel meer


Lees 2 Korintiërs 3:8


In die kerk vertel mense graag dat God deel van hulle lewenstorie is. Maar sê nou ons draai dit ‘n slag onderstebo. Sê nou ons waag dit om deel van God se storie te word; een wat volledig buite ons beheer is… Sê nou ons vertrou die Gees ‘n slag onvoorwaardelik om soos die wind te waai waar Hy wil. Sê nou ons laat staan ons diepgewortelde behoefte om almal op godsdienstige gebied te wil beheer. Wie weet wat sal gebeur as ons slegs maar op God vir vandag se brood vertrou. As ons Hom toelaat om onsself die wêreld met Sy goeie nuus vol te waai? Wie weet, dan word ons spoedig deel van daardie klein Gideonsbendetjie, wat Christus se wonderlike aroma in die wêreld is. Ja, ek weet dit klink vir sommiges na onsinnige dagdrome, maar ek weier om hieruit wakker te word! Daarom gaan ek vandag nog ‘n keer oop oë deur hierdie drome leef.


Ek wil regtig met alles in my deel van die Gees se wenresep wees, want ek verstaan dat dit ‘n bediening van kraakvars nuwe lewe in God se teenwoordigheid is. Ja, dis ‘n geveg tussen lewe en dood. Ja, daar’s baie teenslae, maar dit neem nooit die feit weg dat die wenprys die lewe self is nie. Daarom is die Gees se bediening een van oorvloedige lewe. God se heerlikheid wen hier. Maak net jou oë oop en sien dit raak.


Gebed:

Laat U winde waai, Skepper Gees. Laat U heerlikheid skyn! Amen.

bottom of page