Van déja vu tot vuja de
top of page

Van déja vu tot vuja de


Lees 2 Korintiërs 3:10


Jy het mos al gehoor van déja vu- daardie vreemde gevoel dat jy vantevore op ‘n plek was, selfs al was jy nog nie daar nie. Nou ja, wat van ‘n Vuja De gevoel? Wat van jy begin op die teenoorgestelde manier leef, asof jy alles en almal elke dag vir die eerste keer beleef? Dink jy nie dit sal jou lewe verander as jy daagliks kan oorbegin met jou huweliksmaat, jou vriende, kollegas - sommer met almal nie? Sal dit nie asemrowend wees as jy elke aand jou wrokke laat staan en al daardie swart notaboekies, wat jy teen almal in stand hou, wegpak nie? Terloops, God doen hierdie Vuja De-ding. Hy begin elke dag oor en voor met ons. Sy genade is elke oggend nuut. Hy vernuwe ons elke dag innerlik, soos wat Paulus skryf. Volg in Sy voetspore, want dis ‘n bediening van heerlikheid, wat jou in die gesig gaan tref.


Wanneer laas het God se werke jou verras? Wanneer laas het jou mond van stom verbasing oopgehang oor die dade van God? Wel, dis hoog tyd! Begin Vuja De leef, wanneer die Gees se werk ter sprake is. Laat Sy heerlikheid soos goud voor jou oë glinster. Beleef Hom asof vir die eerste keer in en om jou, elke dag. Dan skitter die kosbare nuwe werk van die Gees, waar dit moet - in jou eie lewe!


Gebed:

Verras my elke dag, asseblief, Gees van God. Open die hemele en laat ek U heerlikheid sien. Amen.

bottom of page