Dit gaan nooit verby nie
top of page

Dit gaan nooit verby nie


Lees 2 Korintiërs 3:11


2 Korintiërs 3 is verruklik mooi! Dit bruis van opwinding oor die Gees se nuwe werke, soos dat Paulus se bediening Moses s’n vervang het en dat hierdie nuwe bediening van die Gees nooit weer sal ophou nie. Moses se bediening is oor en verby! Sekerlik die mees invloedryke en glansryke Ou Testamentiese figuur se hoogtepunt, toe hy die wet glinsterend by God ontvang het, is nou agter die rug. Dit het geen blywende geluk of redding vir God se mense gebring nie. Ja, die bediening van die wet, wat Moses ingelei het, was vir ‘n rukkie glorieryk. Dit is gesimboliseer in Moses se gesig, wat aanvanklik geblink het van glorie geblink. Maar terwyl die glinstering van sy gesig af verdwyn het, het sy era verbygegaan. Soos wat Moses ‘n sluier oor sy gesig gegooi het om sy blinkende gesig vir die Israeliete te verberg, net so het die Israeliete se harte geslote vir God se werke gebly. Nog erger, hierdie bediening het die dood saamgedra, want redding was nooit seker soos tydens die nuwe era van die Gees nie.


Die dae van onsekerheid oor redding is gelukkig nou agter die rug, want die Gees is hier. Die hemele is oop. Sy heerlikheid skitter in almal, wat aan Jesus vashou, se lewens. Nou het ons ‘n nuwe vrymoedigheid om tot God se troon te nader. Nou is die sluise van Goddelike heerlikheid wawyd oop.

Gebed:

Dankie dat U die sluise ook hier in ons dag oor die wêreld oophou, Gees van Christus. Amen.

bottom of page