Teen die einde van die jaar is ek opnuut dankbaar vir genade
top of page

Teen die einde van die jaar is ek opnuut dankbaar vir genade


Ek is dankbaar vir die Here se genade. Altyd, maar veral in hierdie tyd. Vanjaar was lank en hard, maar ek is dankbaar dat God se getrouheid elke dag verlig het. Ek is dankbaar dat ek nooit in 2022 met God vir Sy hulp hoef te onderhandel het nie. Of dat ek nie enige teenprestasies aan Hom hoef te gelewer het in ruil vir Sy hulp nie. Of dat ek beloftes aan Hom hoef te gemaak het, wat ek moes nakom om Sy guns te behou nie. Ek is dankbaar dat ek vanjaar ’n teks soos Romeine 11:33-36 met alles in my kon glo en dat ek dit hier in Desembermaand steeds met vrymoedigheid kan bid: “Niemand in die hemel of op die aarde het soveel wysheid en insig soos God nie. Wie kan dit waag om God se oordeel te bevraagteken? Wie is in staat om sy optrede te verklaar? Wie ken God se planne? Is daar iemand, wat vir Hom kan voorskryf wat om te doen? Is daar iemand, wat vir God ’n guns bewys het, sodat Hy iets vir hom moet terugdoen? Van God af kom alles, wat bestaan. Hy hou alles in stand. Alles is daar om Sy Naam groot te maak. Vir altyd. Ja en amen!” (Die Boodskap)

bottom of page