Systap daardie dodelike duo
top of page

Systap daardie dodelike duo


Jy ken daardie dodelike duo. Ek praat van daardie twee populêre woorde: “Wat as..?”

Wat as ek die volgende een is met wie iets sleg gebeur? Wat as dit nie reën nie?

Wat as die onderwys in duie stort, die misdaad toeneem, kerke liberaal word…?

Te veel mense bou hulle lewe op sulke “wat as”-scenarios. Hoe meer jy met sulke negatiewe scenarios werk, hoe meer wen dinge, soos kommer en negatiwiteit, in jou lewe. Natuurlik mag jy ook vrae oor die toekoms vra. Maar dit is dwaasheid om jou besluite op sulke donker projeksies te begrond. Te veel pessimiste bou hulle lewens op sulke wankelbare fondamente. Moenie dit nie ook doen nie. Hou die Here se hand styf vas. Nee, dit beteken nie jy is dan moeilikheidvry, of probleem-immuun nie. Inteendeel. Dit beteken dan jy volg die Here getrou. Jy doen dit, wanneer jy in groen weivelde is, maar ook wanneer jy doodsvalleie betree. Jou lewenskeuses word nooit geskoei op “wat as”-scenarios nie, maar op God se nabyheid en op Sy wil. Jy vertrou Hom met jou lewe, ook hier in die laaste maand van 2022.

bottom of page