Sit jou laste neer, vra die Heer
top of page

Sit jou laste neer, vra die Heer


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus dat die Here ons vra om ons laste neer te sit.
Sit jou laste neer, vra die Heer

Iewers het ek die verhaal gelees van twee priesters, wat op reis was. Toe hulle by ’n rivier aankom, het daar ’n vrou hulpeloos rondgestaan. Sy kon nie op haar eie deur die rivier stap nie, omdat dit te sterk gevloei het. Toe vra sy of die priesters haar dalk kan deurhelp. Die jonger priester het geweier omdat dit teen hulle orde se reëls was om aan ’n vrou te raak. Maar die ouer priester het haar woordeloos op sy rug getel en haar deur die rivier gedra. Toe hulle later verder stap, het die jonger priester kwaai met hom geraas. Ure lank het hy gekla oor sy kollega se ongehoorsaamheid aan hulle orde se reëls. Toe gaan staan die ouer priester stil en sê vir hom: “Ek het daardie vrou al lankal neergesit, maar jy dra haar nou nog saam op jou skouers.” Inderdaad! Party mense maak nooit ou boeke toe nie. Jare lank hou hulle wrokke teen ander mense. Dit is nie die Here se roete nie. Hy wil hê ons moet sulke swaar laste by Hom neersit en ligvoets aanbeweeg. Hy wil hê ons moet mekaar vergewe en met ons haat en bitterheid klaarkry. Ons is die enigste verloorders as ons dit steeds saamdra.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page