My hande mag dalk afgekap wees, maar ekself is nie…
top of page

My hande mag dalk afgekap wees, maar ekself is nie…


Stephan Joubert se titel vir sy nuwe Goeie Nuus is "My hande mag dalk afgekap wees, maar ekself is nie…"
My hande mag dalk afgekap wees, maar ekself is nie…

“My hande is afgekap.” Mense, wat dit sê, probeer eintlik vir jou sê hulle kan jou nie help nie. Wel, dalk moet ons vir mekaar sê dat ons nie net ons hande nodig het om mekaar te help nie. Dikwels is die heel beste hulp, wat ons kan gee, om net daar te wees vir mekaar. Nie ons woorde nie, nie ons dade nie, nie ons opinies nie - slegs ons daarwees is die meeste van die tyd nodig. Ek het dit geleer by ‘n leraarsvriend, wat reeds afgetree het. Ek onthou hoe almal in sy gemeente wou hê hy moet by hulle geliefdes wees, as hulle ernstig siek was of as hulle op sterwe gelê het. Hierdie leraar het nie baie gepraat nie. Sy teenwoordigheid was oorgenoeg. Al was sy hande spreekwoordelik afgekap, wanneer mense op sterwe gelê het, was sy daarwees vir daardie mense in nood voelbaar. Ek het by hom geleer ons daarwees vir mekaar is reeds deel van God se troos. Die Here gebruik ons soos wat ons is, daar waar ons is. Wanneer ons hande afgekap is, is ons nog lank nie magteloos of nutteloos in God se diens nie. Nie eens naastenby nie!

bottom of page