Geloof is nie ’n massaproduksieprogram nie
top of page

Geloof is nie ’n massaproduksieprogram nie


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus dat geloof nie 'n massaproduksieprogram is nie
Geloof is nie ’n massaproduksieprogram nie

Elke mens op aarde is uniek. Elke kind van die Here is boonop ook nog op ’n unieke manier gered en herskep na die beeld van God. Ons elkeen het verskillende genadegawes of charismata by die Here ontvang, soos wat 1 Korintiërs 12 - 14 leer. Ons moet dit gebruik tot God se eer en tot voordeel van ander mense. Hierdie verskeidenheid en veelkleurigheid van God se genade bevorder juis die eenheid van Sy kerk. Anders gestel, ons geloof en ons genadegawes is nie deel van ’n massaproduksie- program nie. Daar bestaan nie een of ander “one size fits all” geestelike resep, waaraan alle gelowiges voor die voet moet voldoen nie. Ja, daar is wel een roeping, wat vir all gelowiges geld, naamlik om die Here te verheerlik in alles wat ons dink, doen en sê (Kolossense 3:17). En ons almal word geroep om onvoorwaardelik agter Jesus aan te kom, maar ons hoef nie soos fotostate van mekaar te lyk, te klink of op te tree nie. Ons as Jesus se dissipels is elkeen op ons eie maniere Bybelgetrou. Ons is op unieke maniere plaaslik relevant met daardie paar talente, wat Hy in ons lewens verpak het.

bottom of page