Salig is jy…
top of page

Salig is jy…


“Bad deserves more attention than good.” “Gee meer aandag aan slegte nuus as aan goeie nuus.” Die meeste mense glo dit. Die meeste mense beoefen dit ook. Hulle gunsteling kanaal én hulle gunsteling taal is slegte nuus. Hulle sien gedurig die afbrekers raak, maar hulle kyk die opbouers mis. Hulle praat aanhoudend oor die moeilikheidmakers, maar nooit oor die vredemakers nie. Hulle weet van al die doodsheid in die kerk, maar hulle weet niks van God se stil helde, wat die wêreld verander nie.


As jy dit waag om die foutvindbrigades aan te spreek, hoor jy dat hulle maar net realisties is. Nogtans is hoop slegs aanwesig op daardie plekke, waar mense hulle hoop bou op die Here, en daar waar mense gedurig Sy handewerke raaksien. Dit is op daardie smal pad, waar Jesus se vredemakers hulleself bevind. Dit is daar waar die sagmoediges en nederiges van hart leef. Hulle leef op ’n nuwe pad, waar haat en bitterheid en hooploosheid nooit die laaste sê het nie. Hulle weier om al hulle aandag aan chaos en negatiewe praatjies te wy. Dis geen wonder dat Jesus sulke mense “salig” noem nie. Hulle is regtig in God se oë geseënd. Salig is jyself as jy in hulle voetspore volg. Dan sal hooploosheid jou nooit oorval nie.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page