Die anderkant is nie meer ’n verskrikking hier duskant nie
top of page

Die anderkant is nie meer ’n verskrikking hier duskant nie


Toe kom Jesus terug van “die anderkant” af. Dit was op daardie Sondagoggend direk na Sy kruisiging. Daardie Sondag het die dood op grootskaal tweede gekom. Op Opstanding-Sondag het Jesus eiehandig ‘n brug tussen daar en hier, tussen “anderkant” en “duskant” opgerig.” Wag, Hyself is van toe af die brug tussen daar en hier, tussen dood en lewe.


Al die pad van “anderkant” af het Jesus op Opstanding-Sondag teruggestap na Sy mense toe. Maria Magdalena en die ander vroue was die eerstes, wat Hom in lewende lywe gesien het. Hierna het nog twee mense gevolg wat op pad was na ’n dorpie genaamd Emmaus, asook Petrus en ander dissipels. So vertel Lukas 24 vir ons. Hulle het eerstehands beleef dat die dood regtig nie die laaste sê het nie. Hulle hartseer sedert Jesus se kruisiging het dadelik plek vir vreugde ingeruim. Dit het ook plek vir ’n nuwe boodskap gemaak … een wat vandag nog hoop en lewe bied. Jesus se triomf op daardie Sondag is steeds die hartklop van alle gelowiges se getuienis. Nou weet ons “anderkant” is geen verskrikking meer vir elkeen, wat met hoop en geloof hier “duskant” leef nie.

bottom of page