Anderkant donker Vrydag wag ’n groot Sondag
top of page

Anderkant donker Vrydag wag ’n groot Sondag


Baie predikers gebruik op Goeie Vrydag die woorde: It’s only Friday, but Sunday’s coming. Mag ek ook hierdie refrein gebruik, terwyl ons vandag oor die kruisdood van ons Here nadink.


  • Dit was Vrydag ... toe Jesus wreed vasgekap is aan ’n houtkruis buitekant Jerusalem vasgekap is. MAAR SONDAG IS OP PAD!

  • Dit was Vrydag … toe Jesus aan die kruis van Golgota uitgeroep het: “My God! My God, waarom laat U my nou in die steek?” (Markus 15:36). MAAR SONDAG IS OP PAD!

  • Dit was Vrydag … toe Jesus se liggaam onder die gewig van sonde, wat Hy aan die kruis namens ons moes dra, geknak het. Al wat toe oorgebly het was Sy woorde: “My Vader, Ek vertrou my gees aan U toe.” (Lukas 23:46) Toe het Hy gesterf. MAAR SONDAG IS OP PAD!

  • Toe gebeur Stil Saterdag. Die kruis was kaal, maar die graf was vol. Die Held van die hemel het geval. Hy wat die see en winde kon laat bedaar, Hy wat vir hongeriges kos gegee het, Hy wat God se liefde orals laat grond raak het … Sy stem het stil geraak.  MAAR SONDAG IS OP PAD!

  • Sondag wag … Opstanding-Sondag; Leë-Graf-Sondag. Dan gaan nie net die kruis kaal wees nie, dan gaan Jesus se graf ook leeg wees. Dan gaan ons saam met die kerk van alle eeue mekaar met die Griekse woorde groet: “Christos anestē …” “Christus het opgestaan!” Daarom, hou moed: Sondag kom!

bottom of page