Oppas vir daardie GEVAARLIKE VYF
top of page

Oppas vir daardie GEVAARLIKE VYF


In die gelykenis van die saaier in Markus 4 waarsku Jesus dat sommige mense hulle geloof langs die lewenspad sal prysgee. Vyf geloofsdiewe is die rede hiervoor. Jesus noem hierdie GEVAARLIKE VYF by die naam:


(a) lyding, (b) ernstige teenstand teen die evangelie, c) bekommernisse oor alles, wat verkeerd gaan in die lewe, (d) liefde vir besittings en (e) die suigkrag van vernietigende begeertes.


Ongeloof daag nooit uit die bloute op in mense se lewe nie. Dit is nie soos ‘n tien-ton-lorrie, wat in een oomblik alle geloof uit die pad ry nie. Stukkie vir stukkie infiltreer twyfel en ongeloof mense se harte, gedagtes, emosies, woorde en dade. Uiteindelik neem sulke geloofsdiewe al die spasie op. Dan verander kleingeloof op ‘n dag in geen-geloof. Ligloop dus vir daardie GEVAARLIKE VYF. Hulle is geloofsdiewe wat jou hart en jou geloof wil steel. Hou jou oog altyd en orals op die Here. Sorg dat jou lewe die regte saailand is vir Sy goeie saad. Presies dit gebeur ook wanneer jy die Here lief het en gehoorsaam is aan Sy goeie Woord. Dan sal Hyself al die geloofdiewe uit jou lewe verwilder.

bottom of page