Hou op om jou foute in die oë te kyk
top of page

Hou op om jou foute in die oë te kyk


“Ek moet ’n slag my foute in die oë kyk,” sê iemand tydens ’n gesprek. “Om wat daarmee te maak?” vra iemand anders. Hierdie vraag het ons almal onkant betrap. Oorhaastig raak ons dinge kwyt soos: “’n Mens moet leer uit jou foute.” Maar doen ons dit ooit? Leer ons regtig uit ons foute? Dan sou ons dit tog nie herhaal het nie. Kyk ons ooit ons probleme in die oë? Dan sou ons dit tog raakgesien het wanneer daardie einste foute weer voor ons oë opduik.


Ons kort ’n beter Leermeester as ons foute. Ons tekorte en probleme help ons nie genoeg om die regte lesse geleer te kry nie. Die Gees van God is die regte Leermeester. Jesus sê in Johannes 14 dat Hy ons in die waarheid lei. Hy sal dit, wat Hy by Christus hoor, aan ons bekendmaak. In die woorde van 2 Korintiërs 3 sal Hy boonop ook ons harte as Sy nuwe skryfpapier gebruik. Die Gees van die Here maak ons van binne af nuut, terwyl Hy ons reg leer. Dan hoef ons nie heeltyd verleë te voel oor ons eie onleerbaarheid of oor al die foute, wat ons gedurig herhaal nie.

bottom of page