Nie reg nie
top of page

Nie reg nie


Lees 1 Korintiërs 1:2


Ek het grootgeword met die ongeskrewe maar gevestigde idée dat net leraars en sendelinge voltyds geroep is om vir God te werk. Die res van ons was blykbaar net deeltyds in sy diens. Daarom dat ons na mense wat by die kerk gehelp het verwys het as “vrywilligers,” so asof hulle kon kies wanneer hulle hul deeltydse diensbeurte vir die Here wou doen. Die waarheid is egter dat nie net sekere gelowiges geroep is om voltyds vir God te werk nie.


God het eintlik net een voltydse roeping vir al sy mense - om die goeie nuus aangaande Christus orals en altyd uit te dra. Ons almal is 24/7 markplein-sendelinge. Ons is permanente klei in die Heilige Gees se hande. Hy wil ons dag en nag volledig vir die Here se diens hê, nie net wanneer dit vir ons geleë of gepas is nie. Ons almal is voltyds vir Christus aan diens. Ons hoef regtig nie eers sendelinge of voltydse leraars te word om permanent in God se diens te wees nie. Kom ons eis ons reg daarom terug om voltyds vir die Here te leef en te werk daar waar ons onsself bevind. Kom ons doen elke dag ons stukkie puntdiens vir die Here deur sy Gees se werk. Kom ons vervul ons basiese roeping om voltydse geroepenes van die lewende Here te wees.


Gebed

Voltyds is ek eenkant gesit vir U, Here en voltyds wil ek vir U leef. Amen


© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page