Moeg vir die gewone
top of page

Moeg vir die gewone


Lees Psalm 36:11


Is jy moeg vir jou geloofslewe soos wat dit tans daar uitsien? Is dit vaal, vervelig en boonop ook hoogs voorspelbaar? Wel, dan is dit tyd dat jy uit jou veilige geestelike geriefsone klouter en deel word van God se nuwe storie wat Hy om elke hoek en draai deur sy Gees in mense se lewens skryf. Te veel kere gaan formele, kerkgedrewe godsdiens eintlik maar net daaroor dat God deel van jou eie planne is, nie andersom nie. Maar sê nou maar jy draai dit ‘n slag om?


Sê nou jy en ek waag dit om deel van God se avontuurlike storie te word wat Hy elke dag van voor af met ons elkeen se lewe wil skryf? Sê nou dat al wat ons hieroor behoort te weet is eintlik maar net dat ons lewensstorie fenomenaal goed eindig- in Jesus se arms- maar dat die res ‘n groot avontuur saam met die Heilige Gees as permanente reisgenoot is? Wat dan? Hoe sal jy leef as mense skielik meer vir jou begin saakmaak as al daardie godsdienstige reëls, strukture en programme waaraan jy so gewoond geraak het? Of as verhoudings met mense wat genooid en ongenooid jou pad kruis groter waarde begin kry as jou dagboek met al daardie vervelige ou vergaderings wat in elk geval elke keer dieselfde is? Wat dan?


Gebed

Dis reg dat U vandag ‘n nuwe episode met die ink van Christus se genade in my lewe skryf, Here. Amen

bottom of page