Aanwesig
top of page

Aanwesig


Lees Jakobus 1:5


‘n Geprivatiseerde godsdiens waar ek my geloof in isolasie van die daaglikse werklikhede bedryf, is gevaarlik. Kort voor lank laat dit my glo dat die ganse wêreld boos is en te alle koste vermy moet word. Dan sien ek God later maar net as ‘n afwesige Huiseienaar wat eintlik nog net opdaag vir Bybelstudies en eredienste by die kerk, maar wat nie omgee wat elke dag in die wêreld gebeur nie. Wel, feit is dat God sy wêreld met oorgawe liefhet. Elke mense op planeet aarde het ‘n eie identiteit in sy oë… en ‘n hart! Daarom dat Hy so lief is vir elkeen van sy menslike handewerke. Daarom dat Christus en die Gees daagliks daar op soek is na verlore eiendom om terug te vat huistoe.


Jy en ek kort vandag opnuut ‘n stukkie van God se hart. Daarom moet ons tussen sy gunsteling mense gaan leef en beweeg daar in die regte lewe. Daar moet ons teen die spoed van een mens op ‘n slag hemelse mosterdsaad in ander se lewens plant. As ons nie mooi weet hoe om dit te doen nie, dan leer Jakobus vir ons hoe- ons moet maar net bid en vertrou dat God deur sy Gees vir ons sal leer hoe om dit te doen. Die Gees spesialiseer in die verandering van die wêreld. Daarom dat Hy ons ook daar wil hê.


Gebed


Laat my vandag vir diens aanmeld, liewe Here. Laat el doen wat u hart sal blymaak. Amen.

bottom of page