‘n Verskeidenheid uit die hande van Een
top of page

‘n Verskeidenheid uit die hande van Een



1 Korintiërs 12:4 - 6 is aangrypend. Dit vertel in geen onduidelike taal nie dat die drie-enige God self aktief by die uitdeel van die gawes aan Sy kinders betrokke is. Kyk net: in vers 4 verwys Paulus na die een Gees, wat ‘n verskeidenheid van genadegawes uitdeel. In vers 5 hoor ons van een Here, wat verskillende dienste uitdeel, terwyl vers 6 weer vertel van verskillende werkinge, wat van een God afkomstig is. Het jy die patroon raakgesien? Dit gaan oor Een wat baie gee. Een Gees, een Here, een God - die drie-enige God dus wat in aksie is. Dan hoor ons ook van ‘n verskeidenheid van gawes, ‘n verskeidenheid van dienste en ‘n verskeidenheid van werke. Kortom, die een God, Gees, Seun en Vader is betrokke by ‘n wye verskeidenheid van genadewerke in Sy kerk. Aangrypend, of hoe!


God se eenheid beteken nie Sy handewerke word vasgevang in enkelvoudige stelsels, gawes, strukture of instellings nie. Nee, die punt is juis dat die een God se genade veelkleurig, wyd, omvattend, verskillend en uiteenlopend is. Staan kerklike verskeidenheid, wat bedienings, aanbiddingsstyle, leerstellings en dies meer betref, noodwendig teenoor mekaar? Nee, dit behoort nie so te wees nie. God se genade moet juis ons oë oopmaak vir Sy soort verskeidenheid. Mense hoef nie eers soos ek te lyk, praat, dink of aanbid om reg te wees nie. Die een God se genade vertoon uiteenlopende gesigte. Dank die Here hiervoor!


Gebed:

Here, dankie vir U veelkleurige genade. Dankie dat mense regoor die wêreld op hul eie maniere voor Christus buig. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page