Toerusters
top of page

Toerusters


Die doel van geestelike leiers is nie om al die werk self te doen nie. Lees wat Stephan Joubert verder hieroor skryf in sy Heilige Gees artikel
Toerusters

Die doel van geestelike leiers is nie om al die werk self te doen nie. Dit is nie daardie leiers, na wie Paulus in Efesiërs 4:11 verwys, se werk om almal se krisisse op te los nie, vir elke sieke te bid, mense heeltyd tuis te besoek, vergaderings te lei, basaars te reël en almal se vriend te wees nie. Nee, geestelike leiers is deur die Gees afgesonder om toerusters te wees. Hulle moet gelowiges toerus om elkeen hul eie bedienings vol te staan tot opbou van Christus se liggaam. Nee, geestelike leiers is nie voltydse spelers in elke geloofsposisie nie - hulle is voltydse afrigters van ander gelowiges sodat laasgenoemdes hulle onderskeie posisies vir die Here kan volstaan.


Slegs wanneer geestelike leiers gehoorsaam is aan hul Godgegewe roeping deur voltydse toerusters te word en nie heeltyd rondhardloop om almal ter wille te wees nie, sal die kerk tot volwassenheid in Christus kom. Dan sal gelowiges nie meer in hul kinderskoene rondstaan nie, maar geestelik sterk wees, omdat hulle dan toegerus is om te doen wat God van hulle vra. Nou ja, as jy ‘n geestelike leier is, dan is daar net een vraag: rus jy ander toe of probeer jy al die werk self doen? En as jy ‘n lid van een of ander plaaslike gemeente is, laat jy jou geestelike leiers toe om te doen wat God van hulle vra?


Gebed:

Laat die leiers in U kerk hul Godgegewe roepings vervul, asseblief Here. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page