’n Gebed om eerste te wees…
top of page

’n Gebed om eerste te wees…


Ben van Tonder is ’n goeie vriend. Hy is predikant in Nederland. Verlede jaar het hy ’n aangrypende gebed op Facebook geplaas, wat ek met sy toestemming in die Goeie Nuus-kolom, wat ek vir die dagblad Beeld behartig, gedeel het. Ek deel dit ook graag hier by ekerk: “Here, help my om eerste te groet, al kry ek geen reaksie terug nie; help my om eerste verskoning te vra, al word dit my nie aangebied nie; help my om eerste te vergewe, al ontvang ek geen vergifnis nie; help my om eerste met konflik te stop, al kry dit aan die ander kant geen einde nie; help my om eerste stil te bly en te luister, al is ek die enigste wat dit doen; help my om eerste toe te gee dat ek nie alles weet nie, al doen ek dit alleen.… U het my geleer dat laaste beter as eerste is, maar in dié gevalle bid ek om eerste te wees. Amen.”


Mag die Here ons regtig help om om heel eerste die minste te wees. Mag Hy ons help om eerste goed te doen, eerste uit te reik, eerste om verskoning te vra, stil te bly en om eerste te bid!

bottom of page