Luiheid is nie jou beste vriend nie
top of page

Luiheid is nie jou beste vriend nie


Spreuke 26:13 vertel van een luiaard se verskoning om nie te gaan werk nie. Hy sê vir homself net dalk is daar ‘n leeu op straat. Daarom is tuisbly en niksdoen sy oplossing. In vers 15 -16 hoor ons dat hierdie einste ou boonop te lui is om die kos te eet wat hy vir homself opgeskep het. Praat van opperste luiheid! Dis geen wonder dat luiaards in Spreuke 6: 6 - 8 aangemoedig word om by die miere te gaan leer wat fluksheid is nie. Hulle werk die heel jaar hard om kos in te samel.


Luiheid is nooit jou vriend nie - fluksheid is! Om fluks te wees, is nie maar net ‘n mooi ideaal nie. Dit moet ‘n realiteit wees in alles, wat jy doen. Fluksheid moet jou hele lewe kenmerk. Jy werk en leef vir die Here. Jy doen alles, wat jy in die lewe aanpak met entoesiasme, deeglikheid en vreugde. Jy sluimer en slaap nie jou lewe om nie. Luiheid maak jou nutteloos, passief, dwaas en onleerbaar. Jy systap luiheid gedurig sodat jy effektief in God se diens kan wees. Jy werk ook hard sodat armes kan eet, soos wat Paulus in Handelinge 20:34 sê.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page