Dink reg, anders is jy weg
top of page

Dink reg, anders is jy weg


Jy hoef regtig nie Einstein se brein te hê om te weet hierdie jaar is uitdagend nie. Om steeds koersvas te volhard hier in Septembermaand, benodig jy minstens die volgende kennis en insig:


* Jy benodig goeie kennis van sosiale media. Wees op hoogte van die spelreëls en waardes, wat hier geld. Onthou, sosiale media floreer op selfgesentreerdheid en eensydighede. Prestasies, sukses en skoonheid kry altyd hier die meeste applous. Eensydige waarhede wemel hier oor enigiets vanaf politiek tot geloof. Moenie plasings op sosiale media blindelings glo of deel nie. Leer om te onderskei, wat halfpad waar is en wat heeltemal waar is. Volg betroubare webblaaie en indiwidue, wat jou in jou geloof opbou. Voer slegs opbouende gesprekke hier. Vermy internetboelies. Beperk jou daaglikse tyd en dié van jou huismense op sosiale media.

* Jy benodig goeie insig in die Bybel. Bybelkennis onder gelowiges is tans laer as ooit. Wees asseblief die uitsondering op hierdie goor reël. Moenie jou geloof slegs bou op ’n paar gunsteling teksverse, of op die Bybelkennis, wat jy opdoen in een of twee preke per maand nie. Omring jou met goeie studiemateriaal oor die Bybel. Maak seker dat dit die regte impak op jou gedagtes, jou hart, en jou daaglikse lewe het.

* Jy benodig goeie insig in wie jyself voor die Here is. Vind altyd jou identiteit in Hom. Doen dit veral nou dat dinge so onseker en deurmekaar is. Meer as ooit bepaal mense se agtergeblewenheid, bevoorregtheid, beroep, openbare profiel, omstandighede en wat nog alles hulle identiteit. Jyself gaan ook al hoe meer gekonfronteer word met wie en wat jy is. Moenie dat ander mense se opinies hieroor onder jou eie vel kom vassit nie. Laat die Here self vir jou sê wie jy is. Vind jou vreugde in Christus.


Vind jou vryheid en die doel van jou lewe opnuut in die Here. Hoor weer: Vind jou identiteit en lewensdoel in die Here!

bottom of page