top of page

Rowwe diamante kan ook hulle diamantstatus verbeur


Soms word daar na sekere mense as rowwe diamante verwys. Sulke rowwe diamante het goeie harte, maar hulle kort blykbaar nog ’n bietjie finesse of afronding. Hulle loop met hulle emosies op hulle mou rond. Hulle sê wat op hulle hart is. Hulle doen wat hulle wil. Hulle is rof en reguit. Nou ja, dit is goed dat mense eerlik is, maar wanneer sulke rowwe diamante vir hulleself die alleenreg toe-eien om te sê en doen wat hulle wil, dan verbeur hulle spoedig hulle diamantstatus.


Geen diamant moet lewenslank ongeslyp bly nie. Die inherente waarde in enige rowwe diamant moet ontgin word. Diamante se skoonheid en waarde moet deur die regte slypers na vore gebring word. Dieselfde geld vir ons. Ons elkeen het steeds ’n klompie rowwe kante aan ons, maar ons moet toelaat dat die Here dit slyp. Ons moet ook toelaat dat Hy mense naby aan ons gebruik om in ons lewe in te bou. Ons moet makliker en gemakliker raak om oor die weg mee te kom. Ons moet toelaat dat die Here ons sensitief teenoor Hom enander instem. Dan eers kom daardie kosbare kante van ons op die regte maniere na vore.

Comments


bottom of page