Leier Nuusbrief Januarie 2022 Deel 1
top of page

Leier Nuusbrief Januarie 2022 Deel 1


Hoe verander jy ‘n gevestigde kultuur in ‘n gemeente?

In gevestigde gemeentes is die kultuur ook goed gevestig. Hoe verander ‘n mens hierdie gevestigde kultuur? Jy moet ‘n proses volg.


1. Bepaal waar die kultuur die meeste nodig het om te verander.

Ons aanvaar iets is nie reg met die kultuur nie. Die huidige kultuur verhoed dat die gemeente vorentoe beweeg. Jy moet eers vasstel wat moet verander, voor jy alles begin verander. Te dikwels storm ons sommer in om dinge reg te stel. Dan doen ons dikwels meer skade as goed. Stel eers vas hoe sleg die situasie werklik is. Jy moet eers die situasie verstaan en bepaal hoe sleg dit werklik is. Ontdek die werklike probleme. Hulle is dikwels nie die probleme waaroor sommige lidmate praat nie. Daar is dikwels ‘n onderliggende probleem waarom dinge skeefgeloop het.


2. Vind uit wat goed werk en waarop jy kan bou.

Dit is baie arrogant van leiers om sommer te aanvaar dat alles in die gemeente verkeerd is en dat ons alleen al die idees het om vorentoe te beweeg. As daar niks goed is nie, moet ons nie die gemeente verander nie, maar toemaak. Gewoonlik is daar dinge wat nog werk of dinge wat die gemeente gehad het, wat onlangs nog gewerk het. Miskien is net enkele klein veranderings nodig. Dan kan ons vinnig momentum bou.


3. Begin om ‘n visie vir die toekoms te ontwikkel. Hoe lyk dit?

Daarna beplan jy strategiese stappe met die oog op die toekoms. Dit is waar jy begin om veranderinge te maak. As mense die indruk kry dat die veranderinge gemaak word sonder dat hulle menings of bekommernisse in ag geneem word, sal die verandering ontspoor. Daarom moet jy na die lidmate luister. Die doeltreffende bestuur van verandering beteken dat jy die meningsvormers moet beïnvloed. Dit is gewoonlik nie nodig om alle lidmate se gedagtes te verander nie. Kry ‘n paar meningsvormers in jou span. Hulle sal die nodige beïnvloeding doen.


4. Kommunikeer. Kommunikeer weer. Kommunikeer wéér.

As jy dink dat jy genoeg gekommunikeer het, kommunikeer weer. Kry verhale wat met die lidmate se harte verbind. Dra jou kommunikasie in verskillende formate oor. As die verandering eers verduidelik is, is lidmate meer ondersteunend daaroor. As mense die hoekom, wat en wanneer verstaan, is hulle minder geneig om die verandering te weerstaan.


5. Hou by die plan

Verandering neem gewoonlik langer as wat die meeste leiers verwag. Hoe langer die huidige kultuur ingeplant is, hoe langer sal dit neem om te verander. Rus gereeld. Omring jou met ‘n paar ondersteuners, maar bly by die plan. Die proses is nooit maklik nie, maar sodra die kultuur verander, kan jy werklik spoed optel.


Ek is ‘n mentor!

[Hierdie artikel maak gebruik van ‘n artikel van John C. Maxwell.]


Dikwels word daar van jou verwag om as mentor op te tree, maar jy weet nie waar om te begin nie. Dan is dit nuttig om ‘n paar beginsels te hê om op terug te val. Maxwell bespreek hier vyf sulke beginsels:


1. Die moeilikste persoon om te lei, is jouself.

As ons eerlik met onsself is, sal ons dit erken. Jy moet ‘n oop gesprek hê met almal vir wie jy as mentor optree. Vertel hulle hoe hulle vaar as hulle hulleself lei. Gee spesifieke voorbeelde. Help diegene, wat moet groei, deur aan hulle opdragte te gee, wat hulle sal help om inisiatief te toon en om meer verantwoordelik te wees. Vergader gereeld met hulle. Hou hulle aanspreeklik.


2. Moenie jou tyd bestuur nie - bestuur jou lewe.

Mense mors hulle tyd as hulle dinge doen, wat min of geen positiewe resultate tot gevolg het nie. Gee jy geteikende opleiding aan diegene wat jy mentor. Identifiseer een spesifieke vaardigheid vir elke persoon, wat jy mentor. Gee daar in diepte onderrig. Skeduleer gereelde sessies, waar jy aan hulle oordra wat jy geleer het. Die doel is dat jy hierdie persoon in staat moet stel om jou op hierdie gebied te verplaas.


3. Die keuses wat jy maak, maak jou.

Suksesvolle mense neem vroeg reeds die regte besluite en bestuur dit daagliks. As dit by besluite kom, is daar twee maniere om diegene, vir wie jy as mentor optree, te help.

  • Bepaal hoeveel eienaarskap hulle vir die besluite, wat hulle neem, aanvaar. As iemand die neiging het om ander of omstandighede te blameer, moet jy dit vir hulle uitwys. Mense kan nie hulle potensiaal as leiers bereik, as hulle nie bereid is om verantwoordelikheid vir hulleself en hulle optredes te aanvaar nie.

  • Help hulle om die beskikbare keuses, wat hulle het om beter leiers te word, te evalueer. Moenie vir hulle vertel wat om te kies nie. Vra vrae en laat hulle dink. So kan hulle die regte keuse ontdek en dit hulle eie maak.


4. Min mense is suksesvol, tensy baie mense wil hê dat hulle moet slaag.

“As a leader, you will never get ahead until your people are behind you.” - John C. Maxwell. Bedank die mense, vir wie jy as mentor optree, vir dit wat hulle doen om jou met jou leierskap te help. Dink oor elke persoon se bydrae en identifiseer spesifiek wat hulle vir jou doen. Kommunikeer dit met hulle en beloon hulle op een of ander manier.


5. Jy kry net antwoorde op die vrae wat jy vra.

Confidence can be defined as that uplifting, energizing, positive feeling that you possess, before you truly understand your situation.” - John C. Maxwell. Is die mense, wat jy mentor, opleibaar? Hoe dikwels vra hulle vrae? Bespreek met hulle enige probleme, wat jy op hierdie gebied waarneem.


God se Woord


Tim Keller het die volgende geskryf. Ek gee dit net so weer sonder om dit te vertaal. Dit bevat ‘n belangrike les vir almal van ons. Die tema is God se Woord:


bottom of page