Leier Nuusbrief Augustus Deel 2
top of page

Leier Nuusbrief Augustus Deel 2


Wat elke leier nodig het: stilte en afsondering

Die genesing vir ons raserige, besige en deurmekaar wêreld is stilte en afsondering. Ons moet die neiging om altyd haastig te wees, breek. Stilte en afsondering is instrumente, wat God gebruik om ons siele te herstel. Dit sluit in dat ons weg van ander moet wees. Terwyl jy meer volwasse word, kan jy in ‘n skare mense die vernuwende krag van afsondering ondervind. Jy kan ‘n verbintenis met God ervaar selfs in ‘n luidrugtige wêreld.


Is daar praktiese voorbeelde van die voordele van stilte en afsondering?

  • Dit breek die adrenalien-verslawing.

The person who is capable of doing nothing might be capable of refraining from doing the wrong thing. And then perhaps he or she would be better able to do the right thing. (Dallas Willard)


Dit bring geestelike vernuwing. “There is no clock, no matter how good it may be, that doesn’t need resetting and rewinding twice a day, once in the morning and once in the evening. In addition, at least once a year it must be taken apart to remove the dirt clogging it, straighten out bent parts, and repair those worn out. In like manner, every morning and evening a man who really takes care of his heart must rewind it for God’s service ... Moreover, he must often reflect on his condition in order to reform and improve it. Finally, at least once a year he must take it apart and examine every piece in detail, that is every affection and passion, in order to repair whatever defects there may be. (Francis de Sales)

  • Dit herinner ons dat die lewe, selfs sonder ons, sal voortgaan. Dit breek die siklus om voortdurend dinge te bestuur om in beheer te bly.

  • Dit klaar die storms van die lewe op vir beter besluitneming en beplanning.

Net voor Jesus die twaalf dissipels aanwys, lees ons: In dié tyd het Jesus uitgegaan na die berg om te bid en Hy het die nag in gebed met God deurgebring. Teen dagbreek het Hy toe Sy dissipels nadergeroep en twaalf van hulle uitgekies en Hy het hulle apostels genoem. (Lukas 6:12 - 13)

  • Dit skep ‘n innerlike spasie om die stem van God te hoor.

Na Elia se ontmoeting met die Baälprofete, vlug hy, want hy het gehoor dat Isebel hom wou laat doodmaak. Hy skuil in ‘n grot en bekla sy lot. Die Here beveel hom om op die berg te staan, want die Here sal verbygaan: Daar was ‘n geweldige sterk wind, wat die berge geskeur het, wat die rotse voor die Here verbrysel het; in die wind was die Here nie. Na die wind was daar ‘n aardbewing; in die aardbewing was die Here nie. Na die aardbewing was daar ‘n vuur; in die vuur was die Here nie. Na die vuur was daar ‘n sagte gesuis (1 Konings 19:11 – 12). Die Here was in die sagte windjie.

  • Dit help ons om ons van die wêreld los te maak.

In solitude, I get rid of my scaffolding. Scaffolding is the stuff we use to keep ourselves propped up, friends, family, TV, radio, books, job, technology, work, achievement, our bank account, etc. (Henri Nouwen)

  • Dit help ons om ons tong te beheer.

Dit bevry ons van die tirannie wat ons met ons tong oor ander het. Ons is stil. Dit is baie moeilik om te manipuleer en ander mense te beheer, as ons stil is. Ons raak ook ontslae van ons behoefte om gehoor en gehoorsaam te word.

  • Dit versterk ons ander dissiplines, soos gebed en Bybelstudie.

Hoe kan ons stilte en afsondering in ons lewens insluit?

1. Beplan daarvoor.

2. Kry ‘n stil plekkie.

3. Dink aan diegene, wat beïnvloed gaan word.

4. Bly stil. As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so ‘n mens se godsdiens is vergeefs. (Jakobus 1:26)

5. Verwag ongemaklike oomblikke. Ons besige wêreld verhinder ons om diep binne-in onsself te kyk. Moenie ophou as diep dinge in jou binneste na die oppervlak toe kom.

6. Hierdie dissipline is makliker vir sommige mense as vir ander. Probeer jou geestelike weg verstaan.


Word ‘n beter luisteraar

Om goed te kan luister is ‘n vaardigheid, wat elke leier moet aanleer. Die meeste van ons praat te veel. “God gave us two ears and one mouth, so we should listen twice as much as we talk.” Dit geld ook in die kerk. Die meeste mense, wat in bediening faal, faal omdat hulle nie sensitief vir ander mense is nie – hulle is nie goeie luisteraars nie. Swak luistervermoë lei tot gebroke verhoudings.

Daar is goeie nuus: ons kan ons luistervermoë verbeter. Rick Warren beskryf agt strategieë om te probeer:


1. Moenie a.g.v. eerste indrukke oordeel nie.

Eerste indrukke kan alle aspekte van jou bediening beïnvloed. Vooroordele beïnvloed dikwels jou besluite. Moenie op die oog af oordeel nie, maar oordeel regverdig. (Johannes 7:24) As jy ‘n leier wil wees, moet jy met mense kan werk. Om dit te kan doen, moet jy sensitief teenoor hulle wees. Dit beteken jy moet vooroordele en eerste indrukke uitskakel.


2. Neem tyd om te luister.

Dit neem tyd om te luister. Jy voel dikwels dat jy net nie die tyd het nie. Die Bybel sê dit is dwaasheid: Het jy al iemand gesien wat oorhaastig is met sy woorde? Daar is meer hoop vir ’n dwaas as vir hom. (Spreuke 29:20) Ons kan nie werklik oorweeg wat iemand sê, as ons haastig antwoord nie. Dissiplineer jou om beter te luister en jy sal jou verhoudings verbeter.


3. Moenie aanvanklik kritiseer en oordeel nie.

Mense het dikwels net iemand nodig om mee te gesels. Hulle wil ontlaai. Moenie evalueer wat hulle sê, voordat jy nie alles gehoor het nie. Dit is baie maklik om met ‘n versie of kwinkslag te antwoord, veral as jy met iemand van wie jy nie hou nie, gekonfronteer word. Wie antwoord voordat hy luister, sotheid is sy deel en ook vernedering. (Spreuke 18:13)


4. Bly kalm.

As leier sal jy gekritiseer word. Moenie ontsteld word nie.Die skranderheid van ‘n mens maak hom geduldig en dit is vir hom ‘n eer om ‘n oortreding te vergewe. (Spreuke 19:11) Geduld is ‘n teken van wysheid. Wees geduldig, al bevraagteken mense jou bedoelings. Maar bly jy in alles nugter. (2 Timoteus 4:5)


5. Luister met deernis.

Jesus het met deernis na mense geluister. Onthou die storie van die ryk man in Markus 10:17 – 31. In vers 21 lees ons: Jesus het stip na hom gekyk, hom liefgekry. Doen ons wat Jesus hier gedoen het? Een manier om dít reg te kry, is deur op gevoelens te fokus. Hulle is dikwels belangriker as wat mense vir ons sê. As mense emosioneel is, sê hulle dikwels irrasionele dinge. Luister na wat hulle voel.


6. Vra kreatiewe vrae.

Goeie vrae stel ons in staat om te weet wat mense werklik dink: Diep water is die planne in die hart van ‘n man en ‘n skerpsinnige mens sal daaruit put. (Spreuke 20:5) Jy het daardie skerpsinnigheid nodig om mense se waarde, doelwiite en drome te bepaal. Vra vrae soos hoe, wat, wanneer en hoekom. “Hoekom” is dikwels ‘n vraag, wat dui op oordeel.


7. Parafraseer en som op.

As jy die gesprek kan opsom voordat jy jou perspektief gee, wys dit dat jy ‘n goeie luisteraar is. Dit is ‘n vaardigheid wat jy moet ontwikkel. As jy dit nie kan doen nie, sal mense aanvaar dat jy nie werklik vir hulle omgee nie.


8. Besef die waarde van luister.

Daar is genesing as mense voel hulle word aanvaar en dat ander hulle ken en lief het. As jy luister, terwyl iemand ontlaai, het dit genesende krag. Bely dan julle sondes teenoor mekaar en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word.(Jakobus 5:16) As jy wil sien dat God mense deur jou bediening genees, leer hoe om te luister.

Goeie leiers is goeie luisteraars.


Kenmerke van Christenleiers

Ons kry die eienskappe van ‘n Christenleier in 1 Timoteus 3:1 – 15 en in Titus 1:5 – 9. Dit moet die basis vorm van ons benadering tot leierskap.


1. Herken die waarde in ander mense.

‘n Belangrike rol van goeie leiers is om ander leiers te ontwikkel. Dit gebeur as leiers hulle ondervindings - goed en sleg – met ander begin deel.


2. Deel inligting met ander mense in die organisasie.

Daar is ‘n neiging by sekere leiers om inligting terug te hou, want inligting is mag. Die goeie leier besef hoe meer inligting ‘n span het, hoe doeltreffender funksioneer daardie span. Indirek bevoordeel dit die leier.


3. Sy karakter.

Daar is geen volmaakte mens nie. Maar vir ‘n leier om as goed beskou te word, moet sy karakter nie bevraagteken kan word nie. Leierskap ontlok altyd kritiek van iemand. Almal sal nie in die leier glo nie, maar diegene wat naby aan hom is, moet nie oor sy karakter twyfel nie.


4. Gebruik sy invloed vir die beswil van ander.

Goeie leiers wil graag ‘n positiewe verskil in die lewens van ander maak.


5. Hy is vaardig en bekwaam.

‘n Goeie leier moet in staat wees om ‘n taak suksesvol af te handel. As hulle nie weet hoe om iets te doen nie, sal hulle iemand kry wat dit kan doen. Hulle sal verseker dat die taak so goed as moontlik afgehandel word.


6. Hulle is nie bang dat ander suksesvol sal wees nie.

Goeie leiers besef dat sekere volgelinge hoër as hulleself sal groei. Hulle sal nie meer in staat wees om hulle te help om te ontwikkel nie. Goeie leiers word nie deur die sukses van ander bedreig nie. Hulle is gewillig om saam met hulle hulle suksesse te vier.


7. Dien ander en verwag niks terug nie.

Goeie leiers dien, hulle het ander waarlik lief en waardeer hulle. Hulle is bereid om ander te help met die oog op hulle ontwikkeling en verwag geen persoonlike voordeel daaruit nie.


8. Hou aan met leer.

Goeie leiers leer altyd en implementeer wat hulle geleer het tot voordeel van die organisasie. Hulle het ook die vermoë om ander te leer. Daar is ‘n sterk verband tussen onderrig en leierskap. (Maar ons vra julle broers om respek te toon aan diegene, wat ywerig onder julle werk en julle in die Naam van die Here voorgaan en teregwys - 1 Tessalonisense 5:12.) Christenleiers moet tyd en energie belê in leer sodat hulle ander kan leer. Leer is ‘n aktiwiteit beide van die hart en die brein.


9. Bly toeganklik en aanspreeklik teenoor ander.

Goeie leiers isoleer nie hulleself nie, ten spyte van die verantwoordelikhede en mag wat hulle besit. Hulle soek gewillig die insette van ander in hulle professionele en persoonlike lewens. Hulle lewens is ‘n voorbeeld vir ander en trek ander aan na Jesus. ‘n Leier is die soort persoon, wat die vroeë kerk gekies het. (Broers, soek dan sewe mans onder julle van goeie getuienis en vol van die Gees en wysheid, wat ons vir hierdie taak kan aanstel. (Handelinge 6:3) Hulle is betroubaar. Hulle loop in die lig van God. Hulle gee ‘n ander perspektief op sake, wat vir die wêreld belangrik is. Die Christenleier moet deur die dinge, wat vir God belangrik is, beïnvloed word.


10. Is visionêr - dink verder as vandag.

Goeie leiers dink altyd verder as vandag: wat is volgende? Dit is ‘n vraag, wat goeie leiers voortdurend vra. Hulle besef dat iemand gedurig verandering, groei en strategiese denke moet aanmoedig as die organisasie gesond wil bly.


bottom of page