Kyk die gawes van die Gees reguit in die oë
top of page

Kyk die gawes van die Gees reguit in die oë


Kyk die gawes van die Gees reguit in die oë

Daar is geen teenvoeter vir ‘n deeglike kennis van God se Woord nie. Om sinvol oor die Gees se gawes te praat en dit reg in jou eie lewe aan te wend, is dit noodsaaklik dat jy op hoogte moet wees met wat die Bybel hieroor sê. Daarom moet jy die volgende Bybeltekste asseblief deeglik gaan deurlees: 1 Petrus 4:6 - 8, Romeine 12:7 - 8; 1 Korintiërs 12:28 - 31; Efesiërs 4:11, en 1 Petrus 4:6 - 8. Hierdie is die vier vernaamste teksgedeeltes in die Bybel oor die gawes van die Gees. Dis maklik om hulle te onthou aan die hand van die volgende geheuebruggie: P.E.R.K. 4 4 en 12 12 (1 Petrus 4 Efesiërs 4, Romeine 12 en 1 Korintiërs 12).


Maak vir jouself ‘n lys van al die gawes wat hier voorkom. Kyk nou of jy die volgende twee vrae vir jouself kan beantwoord: Kom daar telkens nuwe gawes in die verskillende Bybeltekste voor? Wat lei jy hieruit af? Kyk ook of jy die gawes kan groepeer volgens die volgende kategorieë: diensgerigte gawes; opbougawes; uitbougawes en indiwiduele geloofversterkinggawes.


Oor watter gawe(s) beskik jy? Hoe weet jy dit? Hoe gebruik jy jou gawes aktief in die Here se diens? Behoort Christene net aan die hand van hul gawes in die kerk diens te lewer, of nie? Hoe voel jy oor die onderskeid tussen die sogenaamde gewone gawes en die buitengewone gawes? Is daar regtig so ‘n onderskeid, of nie?


Gebed:

Dankie dat ek vandag kon leer oor al U gawes aan die kerk. Gee dat dit tot U eer gebruik word, Here. Amen

bottom of page