Red die wêreld
top of page

Red die wêreld


Lees Romeine 8:20

 

Geloof is nie privaatsake nie. Alles behalwe. Dis publiek. Nog meer, ons geloof moet ook aktivisties raak, wanneer God se mooi skepping links en regs deur mense verniel word. Dít gebeur tans teen ‘n duiselingwekkende spoed. Hierdie vernietiging breek die Gees se hart. Dit laat Hom van pyn en swaarkry sug. Huil jy ook saam met die Heilige Gees oor ons stukkende wêreld?

 

Weet jy, dis nie net mense wat uitbrand nie. Die wêreld brand blitsvinnig uit! Op 9 Oktober 2006 het die Global Footprint Netwerk berig dat die wêreld op ekologiese gebied in die rooi in beweeg het as gevolg van ons oormatige gebruik van die natuurlike voorrade van die aarde en die besoedeling wat daarmee saamgaan. Vanweë al die toksiese gasse, wat ons in die lug en die water inpomp, betaal ons ‘n duur prys vir “vooruitgang”. Die toenemende voorkoms van kanker en hartsiektes is maar twee voorbeelde hiervan. Dan is daar ook nog droogtes, oorstromings en die uitsterf van duisende spesies. Ons praat nie eens van perperduur brandstof vanweë die drastiese uitputting van ons oliebronne nie. Kan ons dit bekostig? NEE!!! Daarom moet ons almal groener leef om ons Hemelse Vader se kosbare skepping te red. Stel asseblief vas hoe jy dit in jou eie stukkie van die wêreld kan doen. Jy is dit aan God, aan ander en aan jou nageslag verskuldig. 

 

Gebed:

Here, red U mooi aarde. Doen dit dringend, asseblief. Amen.

bottom of page