Wees gereed om ’n superheld te wees as God op jou knoppie druk
top of page

Wees gereed om ’n superheld te wees as God op jou knoppie druk


Jy hoef regtig nie spesiale kragte te hê om ’n superheld te wees nie. Doodgewone helde is steeds die wêreld vol. Dit is daardie pa, wat in Natal se see duik en sy kind red, maar wat ongelukkig self verdrink. Dit is die vrou in Centurion, wat ’n hulpsentrum vir mishandelde vroue begin, nadat sy vroeër self vir dood agtergelaat is na gesinsgeweld. Dit is een seun, wat plaasaanvallers se koeëls vat om sy ouers se lewens te red. Dit is die taxibestuurder, wat langs die pad stop om iemand op te laai wat hulpeloos rondstaan, nadat sy kar gekaap is. Nie een van hierdie mense het vooraf beplan om sulke heldedade te verrig nie. Hulle elkeen is doodgewone mense, wat gekies het om te help. Dit is soos wat een helpende taxi-bestuurder na die tyd gesê het: “I must also face God. He expects of me to help!” Inderdaad. Mense van karakter is mense, wat graag aanmeld om te help. Jammerhartige Samaritane is steeds die wêreld vol. Staan asseblief gereed om dieselfde te doen as Christus op jou knoppie druk. Hyself het ons immers geleer dat daar geen groter liefde is as dat ons ons lewe vir mekaar opoffer nie.

bottom of page