Luister na die regte mense
top of page

Luister na die regte mense


Lees 2 Korintiërs 4:7


Kan jy glo dat jou godsdiens jou soms blind kan maak vir ‘n wyer kyk op God se genade? Ja, inderdaad! Jy kan maklik vasval in jou selfgemaakte godsdienstige agendas, waarbinne jy maar net jou eie lysie sondes van vroeg tot laat aanspreek en jou standaardoplossings vir die kerk en die wêreld se probleme op die tafel neersit. Maar dit kan jou soms blind maak vir ‘n wyer kyk op die Gees se werk. Daarom het jy ‘n paar goeie vriende baie naby aan jou nodig.


Onthou, die Gees werk nie net in jóú lewe nie. Hy werk ook deur ander mense. Omring jou dus met ‘n paar Geesvervulde vriende, na wie se raad jy gereeld luister. Praat oop en eerlik met hulle. Laat hulle toe om met jou te mag verskil en om jou aan te spreek, wanneer dit die slag nodig is, want die waarheid setel nie net in jou eie hart nie. Jy het nie die alleenreg op die Gees se werk nie. God strooi Sy veelkleurige genade veel wyer uit as net oor jou. Dis ook te vinde by ander. Om elke dag iets nuut by iemand anders te leer is, is om nooit oud te word nie. O ja, en om elke dag iets nuut uit God se Woord te leer, is om ook nooit geestelik koud te word nie.


Gebed:

Here, open my oë. Laat my U handewerke in my vriende se lewens sien. Amen.

bottom of page