Keer dat jou siel sink
top of page

Keer dat jou siel sink


Klaagliedere vertel van die Israeliete se terugkeer na Jerusalem, nadat hulle jare lank in ballingskap in Babilonië was. ’n Yslike skok wag hier op hulle. Hulle stad is verwoes. Dit lei tot ’n aantal klaagliedere deur die loop van die boek Klaagliedere. Te midde van groot hartseer bied hoofstuk drie ’n vars bries van hoop, wanneer die skrywer die klem verskuif vanaf sy eie wanhopige omstandighede na God se goedheid. Hy skryf in vers 19 dat as hy net heeltyd dink aan hoe sleg dit met hom gaan, dan laat hy toe dat sy siel in sy binneste sink.


In Klaagliedere 3:21-23 vul die skrywer sy hart met nuwe gedagtes om sy sinkende siel te onderskep. Hy fokus nou op die goedheid van die Here, wat elke oggend vars en nuut is. Hierdie verskuiwing van sy eie lyding na God se goedheid verander sy negatiewe selfspraak. Nou sê hy vir homself dat die Here sy erfdeel is. In die Here plaas hy al sy hoop. Op Hom wag hy (vers 24). Doen dieselfde. Kyk weg van jou eie omstandighede na God - dan verskuif jou innerlike selfspraak. Dan hou jou siel op om te sink. Dan dryf hoop weer in jou lewe, God se hoop. Dan ervaar jy saam met Klaagliedere 3:25 dat die Here goed is vir diegene, wat gelowig op Hom wag.

bottom of page