Is lelike taal die nuwe normaal?
top of page

Is lelike taal die nuwe normaal?


Is lelike taal die nuwe normaal? Lees gerus wat Stephan Joubert hieroor skryf in sy nuutste Goeie Nuus nuusbrief
Is lelike taal die nuwe normaal?

Toe ek onlangs deur ’n boekwinkel stap, sien ek dit is die nuwe modegier om kragwoorde in boektitels te gebruik. Daar is darem nog ’n paar ** tussen die letters, maar almal weet tog wat daar staan. Toe dink ek baie mense praat in elk geval so - politici, sportafrigters, filmsterre, komediante, gewone mense (sic!) … Is sulke taal nou die nuwe normaal?


Hoe gemaak? Of liewer: hoe gepraat? Kerklike monduitwas-ekspedisies gaan definitief nie help nie. Ons kan van vroeg tot laat kla oor hoe ander verkeerd praat, maar dit gaan niks verander nie. Om nie verkeerde of lelike woorde te sê nie, beteken nog lank nie ons praat reg in die Here se oë nie. Om sulke taal te vermy, is eintlik maar net die wegspringblokke. Die Bybelse beginsel is dat ons woorde altyd opbouend moet wees. Dit moet met sout besprinkel wees, dan gee ons taal die regte smaak weer. Dan praat ons die taal van nuwe lewe. Ons praat nooit mense stukkend nie. Ons praat altyd keurig. Met al ons woorde eer ons God en skep ons ruimte vir ander om Hom reg, of nog beter te leer ken.

bottom of page