Geluk is nie ’n bewegende teiken nie - dit is ’n Persoon!
top of page

Geluk is nie ’n bewegende teiken nie - dit is ’n Persoon!


Dit is ’n waagstuk om jou geluk uit te kontrakteer aan ander mense, of aan goeie omstandighede. As ander mense jou gelukkig moet maak, gaan jy altyd te min geluk ken. As jou omstandighede jou gelukkig moet maak, gaan jy te min kere op die regte plekke op die regte tyd wees om gelukkig genoeg te wees. Geluk, wat van ander mense en gunstige omstandighede afhanklik is, is ’n bewegende teiken. Miskien is die regte vraag eerder wie en wat gee betekenis aan jou lewe.


Vir gelowiges deur die eeue is lewensvreugde in die Here geanker. Hy is die Een, wat hulle lewens se inhoud en hulle lewens se koers bepaal. Die Psalmskrywers weet dit baie goed. Daarom loof hulle die Here gedurig met lofsange, wanneer dit goed gaan. Altyd en orals is die Here hulle Rots, selfs wanneer dit sleg gaan en wanneer hulle klaagpsalms skryf. Hy is hulle vesting en hulle skuilplek, wanneer geluk by hulle deure opdaag, maar Hy is ook hulle vesting en skuilplek, wanneer moeilikheid hulle metgesel is. Hulle vreugde en hulle geloof is altyd in God geanker. Leer dit asseblief by die Psalms. Leer om jou vreugde altyd en oral in God se goedheid te vind. Dán sal jy gelukkig leef.

bottom of page