Nog ’n grys haar is goed as dit ’n wyse een is
top of page

Nog ’n grys haar is goed as dit ’n wyse een is


Grys hare word gewoonlik met ouderdom in verband gebring. Soms word grys hare ook met bekommernis verbind. Miskien is dit hoekom sommige ouers sê hulle kinders gee hulle grys hare van bekommernis. Maar Spreuke verbind grys hare ook ’n paar keer met integriteit en wysheid. Spreuke 16:31 beskryf grys hare byvoorbeeld as ’n kroon van eer. Spreuke 20:29 sê weer dat jongmanne se eer in hulle groot spiere en krag lê, terwyl ouer persone se eer in hulle grys hare geleë is. Mooi, né!


Daar is soveel kosbare wysheid en kundigheid in ouer mense, wat God ken en steeds getrou aan Hom leef, verpak. Met al hulle lewenservaring is hulle wandelende ensiklopedieë van insig en kennis. Hulle is reservoirs van wysheid oor hoe om goed en reg voor God en tussen ander mense te leef. Sorg dat jy ’n paar wyse mense met grys hare in jou lewe as jou rolmodelle het. O ja, as jyself dalk al ’n paar lewensjare agter die blad het en self met ’n paar grys hare spog, dan moet jy sorg dat jy die Here se wyse persoon is wat vir ander aan diens is. Dan moet jy ander mense met wysheid bedien en dien tot God se eer.

bottom of page