Vind ‘n veilige spasie saam met God
top of page

Vind ‘n veilige spasie saam met God


’n Engelse pa het op ’n dag agtergekom sy seun gaan stap gereeld na skool in ‘n woud naby hulle huis. Later het hy bekommerd geraak oor sy tienerseun se bosbesoeke. Dalk was hy terneergedruk, het die pa by homself gedink. Hy vra toe eendag vir sy kind hoekom hy so gereeld in die woud gaan stap.


“Pa moenie oor my bekommer nie,” het die seun dadelik geantwoord. “Ek gaan gereeld na skool na die woud toe om daar te gaan bid. Daar tussen die bome praat ek net soveel makliker met God,” het hy verduidelik. Die pa het dadelik geantwoord: “Ek is bly. Maar jy weet tog God is dieselfde orals en op alle plekke.” Toe antwoord die seun met groot wysheid: “Ja, Pappa, ek weet dat God oral dieselfde is, maar ek is nie!” Inderdaad! Dit is hoekom jy ook jou eie ontmoetingsplek met God moet hê. Soek vir jou ’n eenkant hoekie in die huis uit, of ’n stil plek in die tuin. Laat dit jou spesiale spasie saam met die Here wees. Ruim vir jouself genoeg tyd in om daar by die Here tot rus te kom. Dan sal jou siel leef en jou liefde vir die Here aanhou groei.

bottom of page