Is Jesus se vriende ook jou vriende?
top of page

Is Jesus se vriende ook jou vriende?


Stephan Joubert vra in sy nuutste Goeie Nuus of Jesus se vriende ook jou vriende is?
Is Jesus se vriende ook jou vriende?

Spreuke sê ons moet dwase vermy. Ook moet ons uit die pad bly van skelms en skurke. Dit beteken egter nie ons moet almal systap met wie ons verskil nie. Ek praat nou van diegene van wie ons verskil oor geloof en ander kwessies in die lewe. Hiervan gepraat: hoeveel mense wat anders glo en leef as jyself, beskou jou as ‘n vriend van hulle? Of is jy dalk so vroom dat geen sondaar ooit naby jou wil kom nie? Jesus het vreemde vriende gehad. Hy word juis in Matteus 11:19 deur die godsdienstiges uitgehaal, omdat Hy ’n vriend van tollenaars en sondaars is. In Lukas 15:1 lees ons dat sulke tollenaars en sondaars nie kon wag om na Jesus te luister nie. Ons moet by Jesus leer dat ons ook ’n paar vreemde vriende moet hê, anders het ons geen invloed daar waar dit regtig saak maak nie. Anders is ons besig om onsself te isoleer van die stukkende wêreld rondom ons. As ons onsself net omring met mense, wat soos ons dink, glo en leef en ook net goed doen aan mense soos onself, wat doen ons dan anders as die res? So vra Jesus padlangs vir ons elkeen daar in Lukas 6:32-36.

bottom of page