Hoe nader aan God, hoe stiller!
top of page

Hoe nader aan God, hoe stiller!


Thomas Aquinas (1225-1274) word beskou as een van belangrikste denkers en teoloë, wat die wêreld ooit opgelewer het. Hy was legendaries weens sy harde werk en sy skerpsinnige denke. Nogtans was sy nederigheid en toewyding aan God wyd en syd bekend. Teen die einde van sy kort, maar invloedryke lewe, het Aquinas God so intens beleef dat hy nie meer enige woorde oorgehad het om hieroor te praat nie. Na een baie intieme ervaring van God, het Aquinas die laaste paar maande van sy lewe in stilte deurgebring. Sommiges meen egter hy het gedurende daardie tyd aan uitbranding gely. Die Duitse filosoof, Josef Pieper, verstaan hierdie groot stilte in Aquinas se lewe baie anders. Hy skryf Aquinas was baie stil “… not because he has nothing further to say; he is silent because he has been allowed a glimpse into the expressible …” 


Egte Godsbelewenisse maak jou stiller, nie luidrugtiger nie. Die besef van God se grootheid plak jou tong aan jou verhemelte vas. Diep ervarings van die Here lei tot groter innerlike rus en stilte.  Dit gebeur ook met Job daar in Job 42. Nadat hy self God se almag en goedheid eerstehand beleef het, stol al die woorde in sy mond, Dan raak hy self baie stil. Leer dieselfde by Thomas Aquinas en by Job. Jaag God se grootheid en heiligheid na. Dan kom jy reg tot rus en tot stilte.

bottom of page