Intimiteit is deel van God se plan
top of page

Intimiteit is deel van God se plan


Niks is meer taboe nie. “Anything goes,” soos wat die Engelse sou sê. Elke fliek, elke storie, elke sepie moet een of ander rowwe bedtoneel of twee inhê. Menslike liggame het verbruikersartikels geword. Seks sonder intimiteit is egter niks anders nie as drang-aangedrewe vermaak. Dit is om ander mense te behandel as blote “lyfverskaffers.” Sulke onbeheersde seksuele gedrag raak gou-gou verslawend. Statistieke vertel hoe sulke verslawings skrikwekkend toeneem onder jongmense en ouer mense in ons eie land. Die heiligheid en privaatheid van ander mense se liggame tel amper niks meer nie.


God se bedoeling met seksualiteit was nooit behoefte-aangedrewe sport en ontspanning nie. Genesis 2 vertel vir ons dat toe Hy die eerste man en vrou geskep het, het Hy hulle intiem aan mekaar verbind. Binne hierdie veilige, lewenslange spasie word liefde teenoor mekaar beoefen en beleef. Hier is seksualiteit deel van die misterie en skoonheid van die liefde. Hier brand die vuur van die liefde reg. Geen wonder nie dat Genesis 2 ook in beeldryke taal beskryf hoe die man sy pa en sy ma verlaat en dan aan sy vrou vaskleef. Dit is juis binne sulke gesonde, sterk verhoudings waar intimiteit wen. Kom ons bid hiervoor in ons eie land.

bottom of page