In die Here se nabyheid gee die spoke pad
top of page

In die Here se nabyheid gee die spoke pad


In sy nuutste Goeie Nuus skryf Stephan Joubert dat in die Here se nabyheid gee die spoke pad.
In die Here se nabyheid gee die spoke pad

‘n Vrou het een keer vir die Engelse digter, Samuel Taylor Coleridge, gevra of hy in spoke glo. Toe antwoord hy so ewe: “With truth and simplicity – no, madam. I have seen far too many myself.” Dit herinner my vir ’n oomblik ook aan die dissipels se reaksie in Matteus 14. Terwyl hulle in die middel van die nag in ’n storm op die See van Galilea vasgekeer is, kom Jesus op die water na hulle toe aangeloop. Hulle verwar Hom egter met een of ander spookagtige figuur uit die onderwêreld. Dan begin hulle skree van vrees. Nogtans is Jesus se genade groter as sy dissipels se twyfel en kleingeloof. Nadat Jesus eers gou vir Petrus genooi het vir ’n kort waterwandeling, klim Hy aanboord by hulle.


Meteens raak die stormwaters rustig, wanneer Jesus aanboord is. Dieselfde gebeur ook in die dissipels se harte. Vrees maak dadelik plek vir aanbidding in hulle harte. Vandag nog gebeur dieselfde. Elke spook van vrees en kleingeloof gee blitsvinnig pad in die nabyheid van Jesus. Hy wat ligvoets op die stormwaters loop, is altyd naby aan ons. Om dít te weet, is om vrees met vertroue te vervang en om kleingeloof vir aanbidding te verruil.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page