Wat ons weggee vertel wat ons werd is
top of page

Wat ons weggee vertel wat ons werd is


Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus oor Moses Montefiore en die getuienis wat hy is deur ons te leer wat ons weggee vertel wat ons werd is.
Wat ons weggee vertel wat ons werd is

Moses Montefiore (1784-1885) was een van die rykste mense in England. Met sy honderdste verjaarsdag het die London Times ’n onderhoud met hom gevoer. Die joernalis vra toe vir Montefiore wat sy netto waarde in geldterme is. Toe hy ’n bedrag noem, sê die verslaggewer hy moet sekerlik baie meer geld as dit hê. Montefiore het geantwoord:

“Jy het my nie gevra hoeveel ek besit nie; jy het gevra wat ek werd is. Toe het ek uitgewerk hoeveel ek al weggegee het aan mense in nood. Dit is die bedrag, wat ek vir jou genoem het. My waarde is geleë in dit, wat ek weggee.”

Wat ’n getuienis! Om te deel, is om die hartklop van die Here te hê. Paulus vertel in 2 Korintiërs 8:9 dat Christus, wat skatryk was, ter wille van ons almal arm geword het. Ons volg Sy voorbeeld na deur vrygewig te leef. Ons wat Hom navolg het altyd iets om te deel uit die skatkamers van ons hart. Ons kan liefde, deernis, omgee en hoop deel. Ook het ons ’n paar sente en ander maniere van hulp om te deel. Wat ons deel, sê immers wat ons werd is!


bottom of page