Hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus
top of page

Hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus


In hierdie Goeie Nuus nuusbrief, skryf Stephan Joubert oor hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus
Hoe meer ons groei in ons geloof, hoe groter is Christus

In “Prince Caspian,” die tweede boek in die Narnia-reeks van die bekende skrywer C. S. Lewis, vind daar ‘n mooi gesprek tussen Aslan die leeu (wat Christus verteenwoordig) en een van die dogtertjies in hierdie verhaal plaas. As sy vir Aslan na ‘n lang tyd raakloop, sê sy vir hom dat hy groter geword het. Hierop antwoord Aslan haar: “That is because you are older, little one.” “Is jy dan nie groter nie?” vra die dogtertjie hom. Dan antwoord hy:

“I am not. But every year you grow, you will find me bigger.”

Dit is presies wat gebeur op die Here se pad. Hy word al hoe groter in ons eie oë, namate ons groei in ons geloof. Hoe meer ons leer om naby aan Christus te loop en dit ook doen, hoe meer sien ons sy skoonheid en heerlikheid raak. En hoe kleiner krimp ons eie probleme en al ons bekommernisse. Ken jy hierdie omgekeerde groeipad? Hoor weer: hoe groter die Here in jou lewe is, hoe kleiner is jou sorge. Hoe meer jy jou geloofsoog fokus op Christus, soos wat Kolossense 3 se eerste verse jou leer om te doen, hoe minder is jy besorg oor alles wat kan skeefloop.

bottom of page